Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Rhino Ridge Safari Lodge, Hluhluwe

Rhino Ridge Safari Lodge
Rhino Ridge Safari Lodge

Rhino Ridge Safari Lodge is die enigste privaat lodge in besit van die gemeenskap in die Hluhluwe iMfolozi-park met asemrowende uitsigte, die Groot 5 en 'n aktiewe watergat. Hier kan jy rus en ontspan in ons sjiek lodge.

Ons kan tot 36 gaste huisves, met twee wildbesigtigingsritte daagliks in die park. Begeleide boswandelroetes word ook hoog aanbeveel.

Kontak: 035 4741473; res@isibindi.co.zawww.rhinoridge.co.za

Stilbaai Kelders: uitgesoekte Suid-Afrikaanse wyne

Stilbaai Kelders
Stilbaai Kelders

Stilbaai Kelders is 'n wynboetiek met meer as 750 uitgesoekte Suid-Afrikaanse wyne. 'n Wye verskeidenheid boetiekbier en -gin, MCC's en al die ander gewilde verversings, insluitende nie-alkoholiese drankies, is ook hier beskikbaar.

Dié unieke drankwinkel is bekend vir hul besonderse wyne waarvan heelwat nie geredelik beskikbaar is nie.

'n Verskeidenheid deli-produkte, insluitende olyfprodukte en kaas van die omgewing, is ook beskikbaar. Hul wyne en verskeie deli-produkte is nou aanlyn beskikbaar by www.stilbaaikelders.co.za en word nasionaal per koerier afgelewer.

Kontak: (028) 754-1655; stilbaaikelders@telkomsa.net; www.stilbaaikelders.co.za

Tsitsikamma Seaside Accommodation: Kyk, daar’s 'n walvis!

Tsitsikamma Seaside Accommodation
Tsitsikamma Seaside Accommodation

Kusverblyf op sy beste. 'n Verskeidenheid van vakansiehuise vir gesinne, 'n romanties wegbreek of iets vir die avontuurlustiges. Hou die walvisse en dolfyne dop vanaf jou dek. Geleë op die Tsitsikamma-kus.

Kontak: 083 6562891; info@tsitsikammaseaside.co.za; www.tsitsikammaseaside.co.za

Geniet die uitsig by Aan't Dorpseind-B&B, Vanrhynsdorp

Aan't Dorpseind-B&B
Aan't Dorpseind-B&B

Aan’t Dorpseind bied selfsorgkothuise met slaapplekke vir twee en drie mense. Ontbyt kan (op versoek) van Maandag tot Vrydag genuttig word. Elke kothuis het sy eie veranda, braaigebied en parkeerplek.

Kom geniet die rustigheid hier aan die onderpunt van Kerkstraat, en geniet die uitsig oor die Matzikama-berge. Ons is loopafstand vanaf die wêreldbekende Kokerboom-sukkulente-kwekery. Maak hierdie jou basis as jy blomme wil kyk.

Info@aantdorpseind.co.za

Bly oor by On The Beach in Yzerfontein

On The Beach in Yzerfontein
On The Beach in Yzerfontein

On The Beach bied 2 grondvlakselfsorgeenhede op die seefront met 'n pragtige uitsig oor die see. Daar is 'n paadjie wat uitloop na die see asook twee stoele om die uitsig te bewonder. Albei eenhede het braai- en kookgeriewe.

Die eienaars woon op die boonste vlak. Die Seabreeze-eenheid bied akkommodasie vir drie en die Marilyn-eenheid vir twee. Beide eenhede se leefarea is privaat en daar is veilige parkering binne die erf.

Kontak: www.onthebeachyzer.co.za;

Delia de Bod 0824125651; deboddelia@gmail.com

Cat Conservation Trust & Karoo Pred-a-tours

Cat Conservation Trust
Cat Conservation Trust

Geleë in die Cradock-distrik. Ons bied wildplaas-akkommodasie (selfsorg of met spyseniering), insiggewende toere van die klein wildekathokke en wildritte.

Kontak: 087 550 1072; info@karoocats.orgwww.karoocats.org

Klassieke gasvryheid by Mantis Founders Lodge, Sidbury

Mantis Founders Lodge
Mantis Founders Lodge

Klassieke gasvryheid word gebied in hierdie safarilodge met ses eenhede in die Oos-Kaap. Dit is een uur se ry vanaf PE en is langs die Shamwari- privaat wildreservaat waar Founder’s Lodge se gaste hulle Groot 5-wildritte kan geniet.

Kontak: 041 404 9303; reservations@mantiscollection.com; www.mantiscollection.com/hotel/mantis-founders-lodge/

De Hoop Collection: Bly in 'n natuurreservaat

De Hoop Collection
De Hoop Collection

De Hoop Collection is geleë in die asemrowende De Hoop-natuurreservaat. Ons bied 'n reeks verblyfopsies, van gerieflike selfsorgkothuise tot luukse suites. Ons geriewe sluit 'n restaurant, kelder, swembaddens en tennisbaan in. Aktiwiteite sluit in stap, fietsry, voëlkyk, walviskyk, natuurritte en bootvaarte.

Kontak: 021 422 4522

Ervaar die Swartberg-sirkelroete!

Swartberg-sirkelroete
Swartberg-sirkelroete

Ons fokus op die sirkelroete wat die volgende dorpe insluit: Oudtshoorn, Calitzdorp, De Rust en Prins Albert. Ons vind uit oor en beveel verblyf, restaurante, besighede en doendinge in die area aan. Maak dit jou volgende vakansiebestemming!

Kontak: info@webworx.org.za; 067 415 1144; www.swartbergcircleroute.co.za

Arniston Spa Hotel: Panoramiese uitsigte oor die oseaan

Arniston Spa Hotel
Arniston Spa Hotel

Die luukse viersterhotel is internasionaal bekend as een van die wêreld se beste vakansieplekke. Dit is 'n rustige twee uur se ry vanaf Kaapstad en ons puik ligging bied panoramiese uitsigte oor die eindelose oseaan en ongerepte kuslyn, en lê tussen twee natuurreservate.

Ons is binne stapafstand van ongerepte, kindervriendelike strande, asook die bekende Waenhuiskransgrot. Langs ons is die 120 jaar oue Kassiesbaai, 'n Graad 1-erfenisgebied. Ons is geseën met volop seelewe en hier kan jy vars oesters en heerlike seekos eet wat van die plaaslike vissersbote af kom.

Kontak: +27 (0)28 445 9000; info@arnistonhotel.com; www.arnistonhotel.com

Kruisrivier-galery en -koffiewinkel

Kruisrivier-galery en -koffiewinkel
Kruisrivier-galery en -koffiewinkel

Hier word die evokatiewe foto’s van Robert Young uitgestel, asook gekerfde houtbeelde, toumandjies, metaalbeelde en vilthoede en –sakke.

Geniet heerlike, aromatiese koffie, tee, tuisgemaakte limonade, ligte middagetes of koeksisters in 'n pragtige omgewing. Daar is 'n selfsorgwoonstel vir 'n romantiese wegbreek langs die galery.

Kontak: 044 213 3296 [antwoordmasjien]; 044 213 3100; phylliscostumes@crysp.co.za; everyoung@crysp.co.za

Queen's Hotel, Oudtshoorn: Bly oor in 'n historiese hotel! 

Queen's Hotel
Queen's Hotel

Queen’s Hotel is die oudste viersterhotel in Suid-Afrika en die derde oudste hotel in die land. Dit is 'n oase van elegansie en moderne gerief in die hartjie van Oudtshoorn – die hoofstad van die pragtige semi-woestynlandskap van die Klein-Karoo.

Die hotel, wat in 1880 opgerig is, is onlangs heeltemal opgeknap tot sy oorspronklike glorie en bied puik akkommodasie, diens en etes wat herinner aan 'n vervloë tyd, maar gedryf word deur dinamiese moderne hotelbestuur. Kom hiernatoe vir 'n onvergeetlike ervaring.

Kontak: +27 44 2792101; reservations@queenshotel.co.za; www.queenshotel.co.za

Wild Photo Africa: Beplan jou Kruger-safari

Wild Photo Africa
Wild Photo Africa

Ons is 'n safari-operateur in die Kruger wat spesialiseer in fotografie-, natuur- en voëlsafari’s. Ons bied veeltallige pakkette wat pasgemaak kan word vir jou. Safari’s kan gedoen word in 'n oop voertuig of 'n toe Fortuner.

Alle fotograwe en nie-fotograwe is welkom op ons safari’s. Ons het 'n interaktiewe gids-ervaring met opleiding op die voertuig en gratis wenke oor natuurfotografie.

Kontak: '27824486444; info@wildphotoafrica.com; www.wildphotoafrica.com

Org de Rac: Verken die Swartland

Org de Rac
Org de Rac

Org de Rac is meer as net organiese boerdery. Dit is meer as net wingerde, wyn, olywe, fantastiese uitsigte en 'n pragtige omgewing – van naderby ontdek jy die ware groen hartslag aan die voet van die Piketberg.

Dit is die hartslag wat die Swartland omvat met 'n vrye gees wat altyd daarna streef om 'n balans tussen mens en natuur te skep. Ons bied jou goeie gehalte organiese en veganistiese wyn en 'n puik ervaring. Ons troulokaal laat jou sprokiesverhaal waar word.

Kontak: 022 913 2397; wine@orgderac.co.za; www.orgderac.co.za

Emdoneni Lodge & Spa, Hluhluwe: Vir Afrika-safari’s

Emdoneni Lodge & Spa
Emdoneni Lodge & Spa

Hierdie driesterlodge het al talle toekennings ontvang en is geleë op 'n klein wildsplaas in Hluhluwe, naby die Hluhluwe/iMfolozi-wildreservaat.

Ons bied onvergeetlike Afrika-safari’s deur middel van wildritte, begeleide en onbegeleide uitstappies, bootvaarte op die St. Lucia-meer en kultuur-ekskursies. Hier is 'n verskeidenheid akkommodasie wat toegerus is met die nodige geriewe.

Daar is ongelooflik baie om te doen, soos stap, walviskyk, Zuludanse, voëlkyk en wildbewaringkursusse vir kinders. Die lodge is ideaal vir troues en konferensies. Dit is 1,5 km vanaf die nasionale pad en twee uur se ry vanaf Durban se King Shaka- internasionale lughawe.

Kontak: +27 (0) 35 562 7000/7001; www.emdonenilodge.com

Cliffhanger Cottages, Knysna: Privaat en romanties

Cliffhanger Cottages
Cliffhanger Cottages

Opsoek na 'n romanties wegbreekkans? Lief vir die natuur en opsoek na daardie laaste voëls vir jou lysie? Hou jy van rus, privaatheid en pragtig uitsigte? Wel, hier kry jy dit en meer. Geleë op Knysna se Rheenendal-pad, 14 km vanaf die middedorp, op 'n teerpad.

Ons het drie privaat selfsorgverblyfopsies. Daar is twee sonnige, ruim houtchalets op die rand van die vallei wat uitkyk oor die inheemse woud en 'n kleiner tuinwoonstel. Asemrowende uitsigte oor die Outeniquaberge.

Kontak: 082 538 1081; info@cliffhangercottages.co.za; www.cliffhangercottages.co.za

Tsitsikamma Backpackers, Stormsrivier

Tsitsikamma Backpackers
Tsitsikamma Backpackers

Tsitsikamma Backpackers is vierstergegradeerde huisvesting met pragtig gemeubileerde gesins- en dubbel- en suite-kamers, koshuiskamers en tuintente vir jou gerief.

Ons rugsakstapperverblyf is omring van inheemse bome, 'n groen tuin en 'n paar hangmatte waar jy in die son kan ontspan.

Kontak: 042 281 1868; stay@tsitsikammabackpackers.co.zawww.tsitsikammabackpackers.co.za

'n Luukse rusplek by Hunter's Country House, Plettenbergbaai

Hunter's Country House
Hunter's Country House

Elegant, sjarmant en gesofistikeerd, maar tog so huislik! Ons welige tuin skep die idilliese agtergrond vir hierdie weelderige blyplek in die hartjie van die Tuinroete.

Die luukse suite het privaat patio’s en tuine en hulle eie plonspoel. Daar is drie unieke eet-opsies, 'n swembad en 'n gimnasium-area. Hunter’s is gesinsvriendelik en ideaal geleë vir jou vakansieavontuur. Hunter’s is 10 km oos van Plettenbergbaai en 20 km oos van Knysna.

Kontak: +27(0)44501 1111; res@hunterhotels.com; www.hunterhotels.com

Rustige verblyf by Hotel Olivewood, Oos-Londen

Hotel Olivewood
Hotel Olivewood

Olivewood Private Estate and Golf Club bied 'n veilige landgoedleefstyl op die suidelike oewer van die Chintsa-rivier.

Daar is 'n luukse boetiekhotel, 'n pragtige glaslokaal vir troues, 'n ten volle toegeruste konferensiesentrum, pragtige kinderspeelarea, 18-putjie-kampioenskapgholfbaan en wêreldklas-eetplekke. Gaste het toegang tot die rustige Chintsa-rivier waar jy kan hengel, roei of piekniek hou. Ons het ook ons eie skilderagtige staproete omring van inheemse bome en trekvoëls.

Olivedale maak ook voorsiening vir spesiale geleenthede.

Kontak: 087 350 4310, joinus@olivewoodestate.com, olivewoodestate.com

Fort D'Acre Reserve, Port Alfred: Asemrowende uitsigte oor die oseaan

Fort D'Acre Reserve, Port Alfred
Fort D'Acre Reserve, Port Alfred

Fort D’ Acre is 'n unieke bed-en-ontbyt-plek op 'n privaat wildreservaat geleë by die monding van die Groot Visrivier. Ons bied 'n puik ondervinding ten opsigte van wildbesigtiging teen die agtergrond van die strand en die oseaan. Luukse verblyf in 'n Lodge wat op die see uitkyk.

Ontspan langs die swembad in ons pragtige inheemse tuin terwyl jy luister na die geluide van die visarend. Saans kan jy langs die vuurput na die sterre sit en kyk terwyl jy die bosgeluide om jou inneem.

Kontak: 082 0923035; info@fortdacre.com; www.fortdacre.com