Deel

7 lekker kuierplekke as jy koers kies Namibië toe

akkreditasie
Hotel Zum Kaiser is 'n lekker aftrekplek.
Hotel Zum Kaiser is 'n lekker aftrekplek.
Geborg: Dis nog nie te laat om verblyf vir die vakansie te bespreek nie. Hier is ’n paar lekker plekke in Namibië of op pad soontoe.

1. Hotel Zum Kaiser in Swakop

Swakopmund is werklik ’n oase aan die kus van Namibië waar die immergroen palmbome, ongerepte stande en diepblou Atlantiese Oseaan jou bekoor. Hotel Zum Kaiser is sentraal geleë in Sam Nujoma-rylaan en is binne loopafstand vanaf die strand, bekende jetty en dorp. 

Welkom by Hotel Zum Kaiser
Kom bly sentraal in Swakop

Hierdie prentjiemooi dorp bied unieke Duitse argitektuur, ’n ryk geskiedenis, verskeie koffiewinkels en stalletjies met handgemaakte produkte uit Namibië. Vir die avonturier is daar ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite wat direk by Zum Kaiser se ontvangs bespreek kan word. 

Hotel Zum Kaiser het 21 kamers wat elk toegerus is met lugversorging, ’n badkamer met beide ’n bad en stort, televisie, koffie- en teegeriewe, klein yskassie, kluis asook internet. Hierdie eksklusiewe hotel bied ’n kombinasie van familie-kamers, vooraansigkamers, kamers wat na binnehof uitkyk asook ’n luukse suite. Die vooraansigkamers het ’n privaat balkon van waar uitsigte oor die historiese dorpie en Atlantiese kus geniet kan word. 

Hierdie prentjiemooi dorp bied unieke Duitse argitektuur, ’n ryk geskiedenis, verskeie koffiewinkels en stalletjies met handgemaakte produkte uit Namibië.

Die restaurant op die perseel, Bistro Zum Kaiser, kombineer Duitse en Namibiese geure in geregte wat met bekroonde wyne voorgesit word. Buiten ’n ontbytfees en ligte maaltye, kan jy ook hier aanklop vir heerlike koffie. 

Die hotel se dak is ’n ideale plek om met ’n drankie te ontspan terwyl jy uitkyk na waar die duine van die Namibwoestyn die brullende Atlantiese Oseaan ontmoet. Kom ook hierheen om deur die skouspelagtige sonsondergange bekoor te word. 

Hotel Zum Kaiser het goeie konferensiegeriewe. Verversings kan gereël word en die bistro, konferensiesaal en dakterras is beskikbaar vir partytjies en gesellighede. 

Gebruik die spesiale promosiekode WEGBREEK om vir afslag in aanmerking te kom. Die aanbod is geldig van 1 Desember 2018 tot 30 Junie 2019. 

Webwerf: www.hotelzumkaiser.com 

Besprekings: 021 930 4564

Jy het slaapplek in Swakop
'n Seesigkamer

2. Rapmund in Swakop

Met sy billike verblyf en ’n bielie van ’n ontbyt, wag Rapmund in Swakopmund om jou welkom te heet.

Rapmund Hotel Pension in Swakopmund bied 25 standaard- en 2 luukse en suite-kamers teen billike pryse. Die hotel is ’n gerieflike twee minute se loop vanaf die see en die dorpskern geleë. Parkeer hier en stap sommer dorp toe! 

Die Duitse ontbyt by Rapmund is ver buite die landsgrense bekend. Boonop kan jy ’n see-uitsig vanaf die eetkamer geniet! 

Rapmund is ’n familieonderneming wat in 1968 gestig is en word sedert 2008 deur Sonja en Enjo Mueller bestuur. 

Wi-Fi is beskikbaar. 

Tel: 00264 64 402035¦00264 81 420 6142

rapmund@africa.com.na

www.hotelpensionrapmund.com

Die terrein is onlangs opgeknap
Hier is lekker stapplek
Kom sit aan

3. Goanikontes (anderkant Swakop)

As jy deurstoot deur Swakopmund in Namibië, is daar 30 km buite die dorp ’n lekker oord en kampterrein geleë. Trek af by Goanikontes-Oasis.

In die maanlandskap van Namibië, tussen die Namib Naukluft-reservaat en die Dorob- Nasionale Park, het ’n pragtige vakansieoord en kampterrein opgeskiet. Charl en René Baard het in Mei 2018 by die vorige eienaar oorgeneem, en onder die wakende oog van hul oudste seun, Dirkie, is die terrein opgeknap. 

Daar is weer diere op Goanikontes en die speelgrond is met nuwe speelgoed toegerus. Al die huisies is opgeknap en spog met splinternuwe linne. Die bestaande kampstaanplekke het ligte en kragpunte gekry en ’n paar nuwe kampstaanplekke met privaat ablusiegeboue is bygevoeg. Min kampplekke in Namibië het sulke lekker koeltebome soos Goanikontes. 

Buiten die huisies is daar ook nou ’n Withuis wat tot 60 mense kan huisves. Die swembadhuis, wat slaapplek aan 12 bied, sal binnekort gereed wees. Die kamers is heerlik privaat en gaste geniet die stilte. Binne die volgende paar weke is ’n trou-venue met plek vir 150 mense gereed. 

Die oord is ’n droombestemming vir voëlkykers, en hier is staproetes en ’n plaasdam vir swemmers. 

Goanikontes-Oasis is in die hartjie van die Swakopmundrivier-maanvallei. Die eienaars is locals wat hier gebore en getoë is, en kan jou goeie raad vir jou reis verder in Namibië gee. 

00264 64 405976

E-pos: info@gaonikontesoasis.com

Web: www.goanikontes-oasis.com

Facebook: Goanikontes-Oasis

Welkom by Molopo
Chalet
Tentchalet
Rondawel
Die Villa is lekker luuks

4. Molopo Lodge (Noord van Upington) 

Molopo Lodge is 191 km noord van Upington en die ideale oornagplek onderweg na die Kgalagadi-oorgrenspark. Dit is ook gerieflik vir reisigers wat na Namibië of Botswana op pad is – Rietfontein-grenspos is 70 km vanaf Molopo Lodge en bied toegang tot Keetmanshoop (205 km), Marienthal (432 km) of Windhoek (697 km). Die Bokspits-grenspos na Botswana is 4 km vanaf Molopo Lodge en bied toegang tot Tsabong (196 km) – let wel hierdie pad is geteer en word nie op Google Maps aangedui nie.

Molopo Lodge is uniek uitgelê. Sekere eenhede is teen ’n duin gebou, van waar jy ’n asemrowende 360 grade-uitsig oor die omgewing het. Die lodge se grond is 2,5 km in omtrek en daar is lekker stapplek vir gaste. 

Molopo Lodge bied ’n verkeidenheid verblyfsopsies om elke begroting te pas, van kampplekke tot by rondawels, chalets, tentchalets en villas. Alle eenhede het lugversorging.  Tel: 054 511 0008

Fax: 054 511 0009

E-pos: namrod13@lantic.net; nclodge@webmail.co.za 

Kom kuier by die Withuis
Kom kyk die sterre
Die kampterrein

5. Die Withuis op Grunau

As jy na die suide van Namibië toer, is die Withuis-gasteplaas ’n móét op jou lys! 

As jy nog altyd soos ’n president behandel wou word, kies koers noord uit Grunau. Sowat 12 km uit die dorp op die B1, lê ’n bekoorlike wit opstal wat uit die 1900’s dateer, geleë op ’n plaas van 15 000 hektaar. Welkom by Namibië se eie Withuis! 

Dolf en Kinna de Wet het in 1998 amptelik die deure van die Withuis-gasteplaas oopgemaak, maar die eiendom het in 2012 al sy eeufees gevier. Dolf sr. is die derde geslag op die plaas. Sy seun, Dolf Jr., en sy vrou, Nita, het hulle in 2015 ook hier gevestig. Die Withuis het ’n pragtige museum waar kosbare herinneringe gekoester word. 

Kom geniet die unieke natuurskoon, rustigheid en vrede van die groot oop vlaktes, die prentjiemooi sonsondergange en die sterre aan die naghemel. Vir die fikses is daar ’n heerlike staproete in die koppies agter die Withuis.

Die Withuis het ’n gerestoureerde plaasdam in ’n swembad omskep en daar is ’n lekker speelparkie waar woelige kinders van hul energie ontslae kan raak. Uitstappies na die Rooskwartz-uitstorting en Lithops (oftewel die Beeskloutjies) kan op versoek gereël word. 

Hier is verskeie verblyfopsies: Gewone kampplekke, luukse tente, die studentekamer, klein chalet, die familie-chalets en familie-kamers. 

Die Withuis is gelisensieer om alkohol te verkoop.

Wifi is beskikbaar in alle eenhede (ook in die kampterrein).

Tel: +264 63 262 061 / +264 81 285 6484

E-pos: withuis@iway.na

Webtuiste: www.withuis.iway.na

African Vineyard kan jy rus
Dit is die Sauvignon-eenheid

6. African Vineyard Guest House op Upington

African Vineyard het ’n 4-ster- en AA Superieur-gradering.  Dis ’n oase waar jy rus en vrede kan kry, en waar jy die roep van die visarend kan hoor. Kom ervaar plattelandse gasvryheid op sy beste. 

Die gastehuis is op Kanoneiland geleë, ’n nedersetting tussen Upington en Keimoes in die groen Kalahari-streek van die Noord-Kaap. Dis op jou pad as jy in die rigting van die Augrabies-waterval of die Kgalagadi-oorgrenspark ry, en is op die N14 na Namakwaland.

African Vineyard bied luukse verblyf, fantastiese kos en ’n buitelug-spa-ervaring wat jou liggaam en siel sal vernuwe.  Dis ook ’n pragtige venue vir troues, konferensies en onthale. 

Elke slaapkamer in die gastehuis het ’n unieke styl en is smaakvol ontwerp en ingerig deur die eienaars, Elmarie en Theuns de Bruin. Jy kan hul liefde vir die natuur en eenvoud in al die dekor by African Vineyard sien. 

Buite stap jy deur boorde appelkoos-, suurlemoen- en peerbome, en oor ’n houtbruggie oor ’n stroom om die buitelug-spa te bereik. Masseersessies vir pare is veral gewild, veral as geskenke vir verjaardae of huweliksherdenkings. African Vineyard spesialiseer in behandelings met produkte van Kalahari Ancient Desert Secrets, ’n reeks skoonheidsprodukte wat Carina Franck van inheemse Kalahari-plante vervaardig.

Sit ná jou spa-behandeling aan vir ’n luilekker feesmaal van lamskerrie, tuisgemaakte koedoewors, beesstertbredie, en vars brood met vye- of korrelkonfyt (alles tuisgemaak).  Ontbyt, middag- en aandete word op versoek voorgesit (bespreking is noodsaaklik). Die restaurant en kunsgalery open eersdaags. 

Vir meer inligting: 0834611724/ 0605038449 

www.africanvineyard.co.za 

africanvineyard.info@gmail.com 

Otavi Petroport

7. Otavi Petroport (onderweg na Etosha)

Total Petroport Otavi is ongeveer 370 km vanaf Windhoek geleë op die B1-roete na Etosha,  Ovamboland, of die Kavango-Caprivi. Die diensstasie bestaan sedert 1997 en mettertyd het die eienaars ’n restaurant, kwekery, biltongwinkel, slaghuis en ’n kitshoender-wegneemplek bygevoeg. 

Petroport Otavi het ’n 24 uur-bonjour-selfhelpwinkel, en die vulstasie het ULP95 (petrol), 50ppm-diesel en 500ppm-diesel beskikbaar.

As jy ’n noodgeval het, kan jou buiteband hier herstel word of jy kan die motorwassery gebruik. Die restaurant bied ’n lafenis met ’n uitgebreide spyskaart, en in die biltongwinkel kry jy ook droëwors, “chillibites” en die beste snitte vars vleis vir die braaivleisvuur of die pot. 

Die vulstasie is omtrent ’n uur en ’n half se ry vanaf Namutoni. Die sentrum aanvaar krediet- en debietkaarte en het ’n OTM. Hier is 24 uur per dag ’n bestuurder aan diens.Petroport-diensstasie: +264 67 234292

Biltongwinkel: 264 67  234838

Restaurant: +264 67 234738

E-posadres: total@mweb.com.na