Deel

Emdoneni Lodge & Spa, Hluhluwe: Vir Afrika-safari’s

akkreditasie
Emdoneni Lodge & Spa
Emdoneni Lodge & Spa
Hierdie driesterlodge het al talle toekennings ontvang en is geleë op 'n klein wildsplaas in Hluhluwe, naby die Hluhluwe/iMfolozi-wildreservaat.

Ons bied onvergeetlike Afrika-safari’s deur middel van wildritte, begeleide en onbegeleide uitstappies, bootvaarte op die St. Lucia-meer en kultuur-ekskursies. Hier is 'n verskeidenheid akkommodasie wat toegerus is met die nodige geriewe. Daar is ongelooflik baie om te doen, soos stap, walviskyk, Zuludanse, voëlkyk en wildbewaringkursusse vir kinders.

Die lodge is ideaal vir troues en konferensies. Dit is 1,5 km vanaf die nasionale pad en twee uur se ry vanaf Durban se King Shaka- internasionale lughawe.

Kontak:  035 562 7000/7001

Emdoneni Lodge & Spa
Emdoneni Lodge & Spa