Deel

’n Bosveld-wegbreek op ATKV-Klein-Kariba

akkreditasie
ATKV-Klein Kariba
ATKV-Klein Kariba
Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.

Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.'n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos 'n restaurant, kitskosafdeling en 'n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.

Kom maak jou droomtroue waar met 'n bostroue in ons eie klipkapel by 'n betowerende waterval.

ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!

Kontak: 014 736 9800; kariba@atkv.org.zaklein-kariba.co.za