
Torgos Lodge is geleë in die suide van Namibië aangrensend aan die Kgalagadi Oorgrenspark. Die lodge is langs die C15-roete, 7 km vanaf die Mata Mata-grenspos.
Die verblyf bestaan uit 10 eenhede met slaapplek vir twee mense elk. Daar is ses luukse chalets en vier luukse tentchalets, waarvan sommige selfsorg is. Kom geniet ontbyt en aandete in die lapa (middagete op versoek beskikbaar).
Daar is volop wild- en voëllewe vir die diereliefhebbers.
Torgos Lodge is ’n ideale oornagplek vir toeriste wat na en van die Kgalagadi-oorgrenspark reis, en 'n wonderlike bestemming vir dié wat vir ’n paar dae in die Kalahari wil ontspan.
Besoekers kan uitsien na aktiwiteite soos wildritte, staptogte, sterrekyk en voëlkyk.
Kontak +264 81 3021236 (Manus); +264 81 260 8584 (Melanie); res@torgoslodgenam.com; torgoslodgenam.com