
Molopo Kalahari Lodge
Molopo Kalahari Lodge is geleë in die gebied bekend as die Groen Kalahari, 60 kilometer vanaf die bekende Kgalagadi-oorgrenspark, 'n spreekwoordelike oase in hierdie semi-woestyngebied.
Molopo bied chalets met lugversorging, en suite-badkamer, kampstaanplekke met jou eie badkamer en elektrisiteit, 'n á la carte-restaurant met sitplekke binne op die patio, grootskerm-TV en ruim sitkamer, die Kalahari-kroeg, 'n trou- en konferensielokaal, swembaddens, wasgoeddiens en 24-uur-sekuriteit.
Kontak: www.molopo.ncfamouslodges.com/