
Daisy Country Lodge
Daisy Country Lodge is geleë op 'n plasie net buite Springbok, met 'n asemrowende uitsig oor die koppies en valleie, 'n ware oase in 'n semi-woestyngebied.
Ons is omtrent vier kilometer buite die dorp en die 500 meter lange grondpad na ons hekke word gereeld in stand gehou. Die Namibiese grens is 'n uur se ry hiervandaan en ons is halfpad tussen Kaapstad en Windhoek.
Gedurende blommeseisoen is hier 'n ryke verskeidenheid om te ervaar. Kom weg van die stadsgeraas en word wakker gemaak deur die gekraai van hane. Geniet 'n plaasontbyt, gaan stap of ry fiets. Kinders en beheerbare troeteldiere is welkom.
Kontak: 0783282471/ 0277123335; info@daisylodge.co.za