Rus en vrede by !Xaus Lodge, Kgalagadi

akkreditasie
!Xaus Lodge
!Xaus Lodge
!Xaus Lodge is geleë diep in die duine van die Kgalagadi met 'n uitkyk oor 'n eeue oue soutpan.

Dit is 'n majestueuse bestemming waar jy absolute vrede en rus kan ervaar. Kom raak verlore in die groot oopheid van die rooi duine bedags terwyl jy snags aan die sterre raak.

Na sonop is daar begeleide woestyntoere, wildritte, 'n besoek aan die Boesmannedersetting, 'n heerlike swembad waar jy kan ontspan en skemerkelkies in die duine. Geniet 'n driegangmaaltyd aan die einde van die dag.

Kontak: 021 701 7860; reservations@tfpd.co.za; www.xauslodge.co.za

!Xaus Lodge
!Xaus Lodge