
Hibiscus House
Hibiscus House is 'n ten volle toegeruste selfsorg-erfenishuis. Dit huisves 8-10 persone in vier slaapkamers met twee badkamers.
Daar is 'n kaggel in die sit- en hoofslaapkamer. Die sitkamer lei na 'n dek met 'n plonspoel, tuin en ontspan-area buite met ingeboude braai. Die agtertuin is omhein vir kinders en troeteldiere (ons is troeteldiervriendelik).
Daar is 'n warm en 'n koue stort buite om die seesand af te spoel. Die huis is binne stapafstand van restaurante, kroeë, geskenk- en koffiewinkels.
Kontak: 082 539 2551; sally.claasen@gmail.com