
Spinning Reel Beach Cottages
Geleë op die strand in Port Alfred, die hart van die Sonskynkus.
Ons bied afgesonderde selfsorgstrandhuisies, puik chalets met asemrowende seeuitsigte asook bed-en-ontbyt. Wonderlike sonsopkomste soggens en die strand op jou voorstoep.
Twee minute se ry na Port Alfred se dorp. Rustige, gerieflike en afgesonderde wegkomkans vir gesinne, romantiese paartjies of moeë reisigers. Die eenhede is strategies geleë tussen die duinplantegroei sodat elke eenheid privaat is. Daar is geen paaie tussen jou en die strand nie.
Kontak: 046 624 4281; info@spinningreel.co.za; www.spinningreel.co.za