
Dibiki
As jy lus het vir ’n rustige wegbreek, kom span uit by Dibiki naby die Hartenbosrivier en die strandmeer.
Hartenbos is die poort tot die wêreldbekende Tuinroete en is gerieflik halfpad geleë tussen Port Elizabeth en Kaapstad. Die klimaat is heerlik, die strande het spierwit sand en hier is heelwat te doen.
Dibiki se kampeerplekke het gras, en hier is ook houtchalets en eenvertrekhutte beskikbaar. Jy kan funksies in die Lapa langs die swembad aanbied.
Kontak: 044 6951532 of 082 076 0088; info@dibiki.co.za; www.dibiki.co.za
GPS: S 34º 06.922', E 22º 06.981'