
Highlands-eko-landgoed
Dié eko-landgoed is op die prentjiemooi Piketberg in die Wes-Kaap geleë.
Die pragtige houthuis is op ’n landgoed van 550 hektaar van ongerepte plaasgrond en bied natuurskoon wat jy nog selde gesien het. Kom geniet die plant- en dierlewe, die panoramiese uitsigte oor die berge, en die verskeie plekke van waar jy die sonsondergang kan bewonder.
Highlands is net 90 minute buite Kaapstad. Dis afgeleë, maar tog maklik bereikbaar.
Kontak: 082 881 0940;
info@highlandsecoestate.co.za; www.highlandsecoestate.co.za