
Kapteinskloof
Kapteinskloof Guest Cottage is geleë op 'n kleinhoewe in die Weskusstreek, tussen Piketberg en Velddrif, omtrent 180 km vanaf Kaapstad.
Dit is in die pragtige Kapteinskloofvallei en is een van die oudste, oorspronklike plaasopstalle in die gebied. Die huisie is selfsorg en huisves 2-6 mense. Dit word verhuur as 'n eenheid en is privaat van die hoofhuis.
Kontak: 022 9124605; 083 626 0453; meldwilson03@gmail.com