Deel

Klein Boschkloof-plaasverblyf, Clanwilliam

akkreditasie
Klein Boschkloof-plaasverblyf,
Klein Boschkloof-plaasverblyf,
Klein Boschkloof is 'n welige groen oase en 'n werkende sitrusplaas in die noordelike Sederberge – met die majestueuse Krakadouwspits aan die een kant en Platberg aan die ander kant.

Dit is geleë in die ongerepte Boskloofvallei wat grens aan die Cederberg Wilderness Conservancy, skaars nege kilometer van die dorp Clanwilliam.   Die kothuise is tussen die lemoenboorde en het pragtige uitsigte oor die berge.

Dit is die ideale basis vanwaar die volgende besoek kan word: Die Sederberge, Lambertsbaai, Elandsbaai, die sendingstasie by Wuppertal, Namakwaland met sy veldblomme en talle ander dorpe langs die N7-hoofweg.

Kontak: 021 100 3597; 082 674 6717; valentine@mylan.co.za; www.kleinboschkloof.co.za

Klein Boschkloof-plaasverblyf,
Klein Boschkloof-plaasverblyf,