Deel

Malkopbaai-woonstelle, Lambertsbaai

akkreditasie
Malkopbaai
Malkopbaai
Malkopbaai-woonstelle is 30 meter vanaf die strand.

Twee duplekswoonstelle met twee kamers elk, ruim sitkamer, een badkamer met stort in bad, (elkeen vir vier persone). Stil buurt, seefront met see-uitsig.  Raak aan die slaap met die branders se gesus. Goeie bedlinne en goed toegeruste kombuis. Paadjies al langs die strand of sit net rustig op die stoep en geniet die see.

Toesluitmotorhuis beskikbaar vir normale voertuig. DStv (slegs Easy View-pakket), maar bring jou eie kaart as jy wil. Genoeg restaurante in dorp. In ons aalwyntuin kan u ook dassies, muishondjies en talle voëltjies besigtig. 

Pragtigste sonsondergangtonele.

Kontak: 027 432 1530; malkopbaai@gmail.com

Malkopbaai
Malkopbaai