
Die Skoolhuisie
Iewers in die middel van nêrens is daar 'n stukkie hemelse vrede. Stel jou voor jy keer terug na die ouwêreldse sjarme van paraffienlampe en knus aande om die kaggel; aangevul deur sonkrag.
Ons het 'n pragtig gerestoureerde kothuis wat in 1864 deur Thomas Bain as 'n skool en kapel gebou is. Langsaan is 'n klein houthuisie. Albei kothuise huisves vier persone. Dit is die ideale bestemming vir 'n groep vriende of familie.
Daar is twee badkamers met alle geriewe. Warm water word deur 'n donkie verskaf end daarvoor moet jy 'n vuur aansteek.
Die kombuisgeriewe en kaggel werk met gas.
Kontak: 044 050 0502; WhatsApp 072 197 3354; ursulapeter55@gmail.com