
Pearl Valley Hotel
Ervaar hoe dit is om op 'n landgoed te woon by Pearl Valley Hotel by Mantis.
Hierdie luukse hotel is geleë op die bekroonde Val de Vie-landgoed tussen Franschhoek en die Paarl in die Kaapse wynlande. Die hotel is ideaal vir vakansiegangers regdeur die jaar.
Hier is die standaarde hoog en geniet jy weelde, rustigheid en verkwikking. Val de Vie is bekend vir hulle goeie sekuriteit en ons suiwer grondwater maak ons heeltemal water-onafhanklik.
Talle buitelugaktiwiteite vir die hele gesin kan geniet word, en hier is puik restaurante, 'n koffiebrandery en wynkelder vir die fynproewer. Uitstekend vir funksies en vieringe.
Kontak: 021 867 8000; reservations@mantiscollection.com; www.mantiscollection.com/hotel/pearl-valley-hotel/