
Thornbay
Een- en tweeslaapkamer-selfsorgwoonstelle met 'n see-aansig, elk met sy eie ingang en braaipatio wat oor die Atlantiese see en die Doringbaaihawe uitkyk.
Kyk hoe die vissermanne soggens vertrek en dan weer saans met vars vis terugkom, of besoek ons visfabriek vir heerlike vis vir jou braai of potjie. Daar is drie restaurante binne loopafstand, asook die bekende Fryer’s Cove-kelder vir wynproe.
Aktiwiteite in die omgewing sluit in hengel, branderplankry, duik, roei, stap en fietsry.
Voëlkyk is 'n moet, en die Matzikama-wynroete sal jou die hele dag besig hou. Saans kan jy die wonderlike sonsondergange oor die see dophou.
Kontak: admin@thornbay.co.za