
Tsala Treetop Lodge
Tussen die boomtoppe van 'n eeue oue inheemse woud is Tsala, 'n weelderige viering van die gees van Afrika.
10 luukse suites en ses dubbelkamer-villas met privaat dek en plonspoel is in die woud versteek. Geniet unieke spyskaarte by die Zinzi-restaurant of kies uit twee ander opsies by Hunter’s Country House.
Dit is romanties en pure avontuur om in jou eie, verhewe plekkie te bly in die hartjie van die Tuinroete, 'n ideale basis vir jou vakansieavontuur.
Kontak: 044 501 1111; res@hunterhotels.com; www.hunterhotels.com