Deel

Beplan jou toer: Hier’s jou kaart

akkreditasie
Kwantu privaat-wildreservaat
Kwantu privaat-wildreservaat
Die Desember-vakansie is om die draai, en ons almal is gretig om ’n toer te beplan! Hier’s voorstelle vir blyplekke, doendinge, en dienste vir jou reis: Van padstalle en knus gastehuise, tot avonture vir die waaghalsiges!

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Knysna Log-Inn Hotel: Verken die Tuinroete

Knysna Log-Inn Hotel
Knysna Log-Inn Hotel

Die Knysna Log-Inn Hotel is in 1998 gebou ooreenkomstig die “inheemse” konsep wat die karakter en gees van die omliggende woude kombineer met Knysna se romantiese houtsaaggeskiedenis en olifante.

Die ongelooflike ingangsportaal met sy geelhoutbalke en gebrandeglas-vensters van drie meter hoog laat die vermoeide reisiger vinnig ontspan. Die hotel is in die middel van Knysna en ideaal geleë om Knysna en die Tuinroete te verken.

Dit is ook net 350 meter vanaf die Knysna-waterfront se inkopiesentrum met allerhande interessante winkels, restaurante, toeristeattraksies en bote.

Kontak: 044 382 5835, gm@kli.co.za, www.kli.co.za

Paradise Adventures,George: Laat ons jou uitstappie beplan!

Paradise Adventures,
Paradise Adventures

Ons is spesialiste ten opsigte van avontuurvakansies en bied doelgemaakte avonture en daguitstappies. Die buitelug is ons speelgrond en niemand ken dit beter as ons nie. Ons neem jou van die gebaande paaie af na plekke wat min mense nog gesien het.

Ons kan enige uitstappie vir jou aanpas en in jou behoeftes voorsien. Ons kan jou ook help met raad as jy jou eie reis wil beplan.

Kontak: 0827643112; info@paradiseadventures.co.za; www.paradiseadventures.co.za

Hello Adventure: Beplan jou volgende toer

Hello Adventure
Hello Adventure

Hello Adventure spesialiseer in planeet-vriendelike selfbestuurtoere, groeptoere, virtuele toere en avontuuraktiwiteite.

Ons plant bome vir elke bespreking en dra 'n persentasie van die verkope by aan plaaslike liefdadigheidsdienste. Ons is trots Suid-Afrikaans en ons toere wissel van gesinsvriendelike tot selfbestuur-safaritoere.

Kontak: bookings@helloadventure.co.za; www.helloadventure.co.za

'n Oase by Karoo 1 Hotel Village

Karoo 1 Hotel Village
Karoo 1 Hotel Village

Die ideale oornagplek vir jou avonture in hierdie dorre landskap. Geleë langs die N1 tussen De Doorns en Touwsrivier is hierdie klein oase wat eeue lank in die geskiedenis terugdateer. Ons nooi jou om te proe aan ons plaaslike disse, die Karoo-hitte in ons swembad af te spoel of met die fiets of te voet die Matroosberg te verken.

Daar is werklik geen beter plek vanwaar die prag van die Karoo geniet kan word nie. As die Karoo jou bestemming is, is Karoo 1 net die plek.

Kontak: +2723 358 2131; admin@karoo1.com; www.karoo1.co.za

Stop by De Tol Farm Deli, Citrusdal

De Tol Farm Deli
De Tol Farm Deli

Geleë op 'n historiese stuk grond langs die N7 op die Piekenierskloofpas is 'n wit gebou wat baie stories het om te vertel...  Stories oor piekeniers (tolbase), tolgelde, 'n verpleegster en haar eerstehulpkassie wat jy vandag nog in die deli kan sien.

Reisigers doen al sedert 1849 hier aan om hulle voorraad aan te vul, en ons hou die tradisie aan die gang deur eerlike kos, opwindende parings, gehalteboetiekprodukte en uitstekende wyn te lewer aan besoekers en inwoners. Hier kan jy die beste geniet wat die gebied jou kan bied.

De Tol Farm deli is die proekamer vir Piekenierskloofwyn en Carmién-rooibostee.

Kontak: 067 410 3315; detol@pkwc.co.za

Jou hawe by Matoppo Inn-gastehuis, Beaufort-Wes

Matoppo Inn
Matoppo Inn

Is jy op soek na verblyf in Beaufort-Wes? Wel, dan is Matoppo net die plek vir jou, want dit is een van die mooiste gerestoureerde drosdygeboue wat terugdateer tot die 17de eeu. Dit is geleë in 'n uitgestrekte, welige tuinlandgoed in die hartjie van die Karoo.

Hierdie gastehuis is 'n stedelike hawe met 'n romantiese erfenis en is verbind tot puik diens. Ons bied luukse akkommodasie, ontbyt en aandete. Aandete moet vooraf bespreek word. Die kamers het lugreëling, 'n kroegyskassie, satelliet-TV, haardroër, elektriese komberse en 'n tee/koffiestasie.

Ons het kamers wat drie, vier en ses persone huisves.

Kontak: 023 415 1055; matoppom@isat.co.za

Fish Eagle Transport & Tours, Plettenbergbaai

Fish Eagle Transport & Tours
Fish Eagle Transport & Tours

Ons as eienaars bedryf die vervoermaatskappy in Plettenbergbaai, vir reis langs die Tuinroete. Ons bied toere en vervoer om in jou behoeftes te voorsien.

Ons topprioriteit is betroubaarheid, stiptelikheid en jou veiligheid. Lughawevervoer: George, Plettenbergbaai, Port Elizabeth. Dagtoere na plaaslike aktiwiteite. Gespesialiseerde privaat toere.

Kontak: +27 (0)83 232 7655; info@fisheagletours.co.za; www.fisheagletours.co.za

Safari-Destinations: Jou ideale safari-ervaring

Safari-Destinations het al baie gesinne oor die afgelope 20 jaar gehelp met hulle safari-ervaring. Ons voorsien verskeie puik safari-bestemmings in Afrika, selfs vir gesinne met kinders. Ons weet wat die beste gesinsvriendelike safari’s en romantiese vakansies is.

Kontak ons vir gesinsvriendelike safarilodges wat ons met die hand uitgesoek het. Ons is plaaslike kundiges en vra nie 'n besprekingsfooi nie. Ons waarborg afslag van 5% tot 20% of meer, na gelang van die reisdatums.

Kontak: 082 322 8357; bookings@safari-destinations.co.za; www.safari-destinations.co.za

Thornbay: Sien 'n asemrowende sonsondergang by Doringbaai!

Thornbay
Thornbay

Een- en tweeslaapkamer-selfsorgwoonstelle met 'n see-aansig, elk met sy eie ingang en braaipatio wat oor die Atlantiese see en die Doringbaaihawe uitkyk. Kyk hoe die vissermanne soggens vertrek en dan weer saans met vars vis terugkom, of besoek ons visfabriek vir heerlike vis vir jou braai of potjie.

Daar is drie restaurante binne loopafstand, asook die bekende Fryer’s Cove-kelder vir wynproe. Aktiwiteite in die omgewing sluit in hengel, branderplankry, duik, roei, stap en fietsry. Voëlkyk is 'n moet, en die Matzikama-wynroete sal jou die hele dag besig hou. Saans kan jy die wonderlike sonsondergange oor die see dophou.

Kontak: admin@thornbay.co.za

SA Forest Adventures, Hermanus

SA Forest Adventures
SA Forest Adventures

Ons bied avonture geskik vir die hele gesin.

*Quadfietsry

*ATV

* Foefieslaaidtoere

*Verfbal

*Sandplankry

*Riviervlotvaart

*Oranjeriviervaarte

*Funksies, spanbou en konferensies.

Kontak: 079 495 3987; bookings@saforestadventures.co.za; www.saforestadventures.co.za

JBay Zebra Lodge: Ongelooflike tye

JBay Zebra Lodge
JBay Zebra Lodge

JBay Zebra Lodge is naby Jeffreysbaai waar branderplankryers en pragtige strande jou die gevoel gee van 'n ewige somer. Die lodge het vyf luukse suites, waarvan twee luukse tente is en een 'n luukse familiekamer.

Daar is 'n ongelooflike panoramiese uitsig oor die kristalhelder water van die Indiese Oseaan, terwyl daar ook natuurlewe teenwoordig is. Geniet jou onvergeetlike vakansie in die verstommende Oos-Kaap!

Kontak: 078 925 6812; info@jbayzebralodge.co.za; www.jbayzebralodge.co.za

Laslappies Collection, amper by die Addo

Laslappies Collection
Laslappies Collection

Die oorsprong van die groep lodges het begin met die eienaar van Laslappies Boerdery toe daar 'n unieke geleentheid was om 'n derde lodge by die twee bestaande lodges, Addo Dung Beetle Guest Farm en Kududu Guest Farm, te voeg.

Die Laslappies Lodges-groep het die eerste groep lodges geword wat reisigers en toeriste van oral oor die wêreld die geleentheid bied om te kies uit 'n unieke versameling lodges met uitstekende diens.

Kontak: +27 (0)42 234 0323, info@laslappieslodges.co.za, laslappiescollection.co.za

Dungbeetle River Lodge: Jou avontuurbestemming

Dungbeetle River Lodge
Dungbeetle River Lodge

Pragtige viersterlodge reg op die oewer van die skoon Sondagsrivier. Plaasontbyt word op die dek bedien wat oor die rivier kyk. Aktiwiteite op die rivier sluit in roei, swem, en meer. Neem  deel aan die Alexandria-sandduinstaptog. Vyf minute vanaf die Addo en 'n halfuur se ry vanaf PE se lughawe. Covid-19-voldoening.

Kontak: 082 655 5322; info@dungbeetle.co.za; www.dungbeetle.co.za; www.addo-tours.co.za

Awehness Travel, Port Elizabeth: Die ervaring van 'n leeftyd!

Awehness Travel
Awehness Travel

Ons is 'n gemeenskaplike onderneming wat die pret asook die stres van reis verstaan. Ons agentskap help ander om die proses agter die produk te verstaan.

Ons vorm die verbinding tussen die maker en die klant. Of jy nou wil toer, wild wil sien, op soek is na verblyf of die hele pakket wil hê, ons is daar om jou te help. Sê net vir ons waarheen jy wil gaan en ons doen die res.

Kontak: 076 483 3397; info@awehness.org; www.awehness.org

Voëlvry by Beach Villa Wilderness

Beach Villa Wilderness
Beach Villa Wilderness

Beach Villa Wilderness is die hartslag van sjarme langs die Tuinroete tussen George en Sedgefield. Dit is 'n juweel van vryheid en vir ontspanning. Ons het 'n rustige, gerieflike strandhuis met ses gedienste en suite-slaapkamers met uiters gerieflike beddens.

Elke suite is elegant gemeubileer en sluit alle moderne geriewe in. In die somer kan jy in die see swem of met 'n skemerkelkie by die swembad ontspan. Ontbyt word in die eetkamer bedien of op die patio wat oor die see uitkyk.

Kontak: 072 621 1060, info@beachvillawilderness.co.za, www.beachvillawilderness.co.za

Vyfsterweelde by Kwantu privaat-wildreservaat

Kwantu privaat-wildreservaat
Kwantu privaat-wildreservaat

Die reservaat is 85 kilometer van PE af naby die bekende Tuinroete van Suid-Afrika. Benewens die Groot 5 wat vry in hierdie welige landskap rondloop, het die reservaat ook talle ander fasiliteite vir gaste.

Daar is 'n klein nedersetting in die reservaat en verskeie akkommodasieopsies, asook restaurante, swembaddens, 'n kinder-aanraakplaas en baie meer. Die vyfsterakkommodasie is geskik vir paartjies, gesinne en groter groepe. Dit is 'n ware Afrika-ervaring – die ideale bestemming.

Kontak: +27 42 203 1400; reservations@kwantu.co.za; www.kwantu.co.za

You2Camp: Kry jou mobiele tent!

You2Camp
You2Camp

You2Camp is 'n besigheid wat deur 'n gesin bestuur word en ons voorsien mobiele tentakkommodasie. Die akkommodasie is beskikbaar vir sportgeleenthede, spanbou, jaareindfunksies, troues en doelgemaakte geleenthede.

Kontak: 076 085 3696

Waarde vir geld by Coffee Shack Backpackers

Coffee Shack Backpackers
Coffee Shack Backpackers. Foto: Isabelle Fabre

Coffee Shack is ideaal genestel op die strand in Koffiebaai, Wildekus. Ons het die reputasie dat ons 'n koshuis is vol pret is met waarde vir geld, puik geriewe en vriendelike plaaslike personeel.

Die Tshezi-gemeenskapstrust het 'n 30%-aandeel in Coffee Shack en ons is met trots geakkrediteer by Fair Trade Tourism. Ons verblyf is skoon, veilig en ons badkamergeriewe is puik. Ons het selfsorgeenhede en grasdakhutte met gedeelde kombuisgeriewe. Ons kombuis doen spyseniering vir alle maaltye en bedien heerlike koffie.

Kontak: +27836564350; happydays@coffeeshack.co.za; www.coffeeshack.co.za

Uitsigte oor die amfiteater by Witsieshoek Mountain Lodge

Witsieshoek Mountain Lodge
Witsieshoek Mountain Lodge

Geleë aan die voet van Sentinel Peak in die asemrowende Drakensberg met ongelooflike uitsigte oor die amfiteater. Ons het staproetes wat wissel van maklike uurlange roetes tot moeiliker roetes met kettinglere na die Tugelawaterval. Witsieshoek grens aan die Koninklike Nasionale Park.

Die berg is vol bergfietsroetes en die lodge het 'n restaurant vir heerlike etes en 'n kroeg met baie voorraad om die dors te les. Akkommodasie wissel van gerieflike rugsakstappersverblyf tot superieure kamers.

Kontak: 082 609 8988; +27 82 609 8988; info@witsieshoek.co.za; www.witsieshoek.co.za

Carma Quip: Kry goeie toerusting vir jou vakansie!

Carma Quip het die reputasie as die gemaklikste en taaiste selfopblaasmatras in Suid-Afrika. 'n Carma Quip-matras is gaatjiebestand en dit bied uitstekende ondersteuning en isolasie. Elke matras word met die hand gemaak van topgehalte hoëdigtheidspons met duursame waterdigte buitemateriaal.

Jy kry 'n bêresak en verstelbare hegband by. Die naat is dubbelversterk en het 'n vierjaarwaarborg.By Carma Quip is ons toegewyd aan gehalte en om die mees betroubare en duursame selfopblaasmatras te vervaardig – ons matrasse sal langer hou as enige ander handelsmerk s’n.

Kontak: 021 976 3924; 082 345 6878; info@carmaquip.co.za; carmaquip.co.za