Deel

Die Wes-Kaap en Oos-Kaap: ’n Kaart van blyplekke en doendinge

akkreditasie
Bukela Game Lodge
Bukela Game Lodge
Stap op die strand in Yzerfontein, sien die Groot 5 in die Amakhala-privaat natuurreservaat, en meer! Hier’s lekker doendinge en blyplekke in die Wes- en Oos-Kaap, gerieflik op ’n kaart uiteengesit sodat jy dit maklik kan vind.

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se OopDeureOopHarte-veldtog, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van inperking. Hulle het jou ondersteuning nodig.

Eight Bells Mountain Inn: 'n Unieke berg-ervaring!

Eight Bells Mountain Inn
Eight Bells Mountain Inn

Eight Bells Mountain Inn is 'n vierster-gesinsoord wat deur die eienaar bestuur word en is geleë in die berge aan die voet van die Robinsonpas in Ruiterbos tussen Mosselbaai en Oudtshoorn. 

Hier is 25 goed ingerigte kamers op 'n landgoed van 160 hektaar met allerhande buitelugaktiwiteite soos swem, tennis, muurbal, rolbal, staproetes en perdry.

Die hotel is bekroon as Mosselbaai se “nommer een” deur TripAdvisor en het die afgelope ses jaar hulle “Hall of Fame”- en “Traveller’s Choice”-toekennings ontvang. 'n Unieke berg-ervaring en die basis vanwaar die talle skatte van die Tuinroete en Klein-Karoo verken kan word.

Kontak: 044 6310000; info@eightbells.co.zawww.eightbells.co.za

Orange Inn Knysna: Die perfekte wegbreekkans

Orange Inn Knysna
Orange Inn Knysna

Hier kan jy 'n hartlike verwelkoming verwag. Orange Inn Knysna is 'n skamele een kilometer geleë vanaf Knysna se middedorp, die juweel van die Tuinroete. 

Ontspan in die gerief van een van die ruim, luukse slaapkamersuites. Besoek die ontspanne Knysna-strande of ontspan in die sitkamer op die onderste verdieping of in die privaatheid van jou eie tuinstoepie. Koel af in die sprankelende swembad en geniet die vermaak-area met eerlikheidskroeg en braaigeriewe. 

Na 'n goeie nagrus kan jy 'n heerlike warm of koue ontbyt geniet op die sonnige swembaddek of in ons ontbythoekie. Daar is veilige parkering van die straat af.

Kontak: 011 395 1020; 066 304 0019; bookings@orangeinn.co.zawww.orangeinnknysna.co.za

Orange Inn Melkbosstrand: Poort tot die Weskus

Orange Inn Melkbosstrand
Orange Inn Melkbosstrand

Hier word jy hartlik verwelkom en kan jy luukse akkommodasie in Melkbosstrand geniet. 

Die gastehuis is nie ver van Kaapstad af nie in Duynefontein, Melkbosstrand, wat vernoem is na die melkbosbome wat in die noorde van die dorp groei. Ontspan in die gerief van een van die ruim, luukse slaapkamersuites.

Ontspan op die strand in Melkbosstrand of ontspan in die sitkamer op die onderste verdieping of in die privaatheid van jou eie tuinstoepie (die meeste van die kamers).  

Koel af in die sprankelende swembad en geniet die vermaak-area met eerlikheidskroeg en braaigeriewe. Na 'n goeie nagrus kan jy 'n heerlike warm of koue ontbyt geniet op die sonnige swembaddek of by ons ontbyt-area.

Kontak: 011 395 1020; 066 304 0019; 

bookings@orangeinn.co.zawww.orangeinn.co.za

Die Dorpshuis Restaurant & Gastehuis

Die Dorpshuis Restaurant & Gastehuis
Die Dorpshuis Restaurant & Gastehuis

Ons bied tuisgekookte disse met 'n Europese flair en akkommodasie in die hartjie van Calitzdorp.

Kontak: 044 2133453; info@diedorpshuis.co.zawww.diedorpshuis.co.za

The Retreat in Groenfontein

The Retreat in Groenfontein
The Retreat in Groenfontein

The Retreat is 'n Victoriaanse plaashuis in die pragtige bewaringsarea van die Groenfonteinvallei wat grens aan die Swartberg-natuurreservaat en gerieflike akkommodasie, ontbyt en aandete bied. Hier kan jy in die natuur stap en voëlkyk.

Kontak: info@groenfontein.com

Rus en vrede by Oue Werf Country House & Manor

Oue Werf Country House & Manor
Oue Werf Country House & Manor

Oue Werf, circa 1857, is op 'n werkende plaas in die rustige Schoemanshoekvallei in die Wes-Kaap, 12 kilometer vanaf Oudtshoorn en 15 kilometer vanaf die Kangogrotte. 

Elke slaapkamer het DStv, 'n kroegyskas en koffiestasie met 'n privaat ingang na pragtige tuine, ryk aan voëllewe.

Romantiese aandetes en heerlike ontbyt word in die winter in die waenhuis bedien met 'n heerlike houtvuur wat  brand, of op die patio in die somer. Ontspan by die tuinhuisie en soutwaterswembad. Absolute rus en vrede.

Kontak: 0442728712; info@ouewerf.co.zawww.ouewerf.co.za

A&A-gastehuis

A &A Guesthouse
A&A Guesthouse

Sentraal geleë naby die Greenacres-winkelsentrum lang die gholfklub in Port Elizabeth en 'n kort entjie se ry na die strand. 

Die gastehuis is rolstoelvriendelik en is naby aan die belangrikste hospitale in die dorp – ideaal vir pasiënte en hulle familie. Drie van die vier kamers is ten volle toegerus vir mense met gestremdhede en jy kan kies tussen bed-en-ontbyt, selfsorg of volle losies.

Party van ons kamers het volledige kombuise. Kyk asseblief wat daar in elke kamer is as jy in selfsorg belangstel.

Daar is 'n groot binnenshuise swembad en 'n ten volle toegeruste gimnasium vir die uitsluitlike gebruik van gaste.

Kontak: 083 295 3833; info@aaguesthouse.co.za; www.aaguesthouse.co.za

Gaan kyk, daar is Vyf Grotes by Bukela Game Lodge

Bukela Game Lodge
Bukela Game Lodge

Bukela Game Lodge is 'n eksklusiewe 5-ster-safarilodge in die Amakhala-wildreservaat. 

Bukela is bekend vir hulle hartlike en verwelkomende gasvryheid, hulle heerlike maaltye wat ingesluit is, hulle besige watergat (waarvoor die olifante so lief is) en vir hulle unieke safar-ervaring. Elke ruim safaritent of suite is afgesonder in die Oos-Kaapse ruigtes.

Al die verblyf het houtkaggels, pragtige baddens, jou eie, privaat dek en baie meer. Twee Groot 5-wildritte is daagliks by jou verblyf ingesluit en word deur ervare safarigidse gelei.

Kontak: 021 424 1530; reservations@lionroars.comwww.bukela.co.za

Areena-rivieroord en privaat-wildreservaat

Areena Riverside Resort
Areena Riverside Resort

Daar waar die Wildekus begin, kry jy Areena-rivieroord en privaat-wildreservaat op die Kwelerarivier – 'n stukkie van die paradys.  

Ons bied 'n verskeidenheid luukse selfsorg-gesinshuisies of grasbedekte kampstaanplekke in ons rivierfront-oord. By ons Adventure Village is daar allerhande aktiwiteite om van te kies, soos foefieslaaid, verfbal, kanovaart en teikenskiet met 'n windbuks.

Geniet skemerkelkies by die restaurant by die rivier. Mededingende tariewe en 'n plek waar kinders en ouers saam pret kan hê.

Kontak: 043 734 3055; info@areenaresort.comwww.areenaresort.com

Bergrivier Eco Retreat: Bespreek ’n knus steenkothuis

Bergrivier Eco Retreat
Bergrivier Eco Retreat

Bergrivier is gerieflik geleë op Thornhill in die luisterryke Oos-Kaap, net 50 kilometer wes van Port Elizabeth, naby die N2. 

Die gewilde strandoorddorp Jeffreysbaai is net 35 kilometer hiervandaan in 'n suid-westelike rigting. Ons het twee knus steenkothuise, een houthuisie, nog 'n klein kothuisie en drie egte ossewaens en 'n fantastiese kampeerterrein.

Al die akkommodasie is selfsorg. Ons pragtige plaas is geleë op die wêreldbekende Baviaanskloof-roete naby aan die dorpies Loerie, Hankey en Patensie. Hier is meer as 160 voëlspesies te sien op ons pragtige staproetes in die klowe.

Kontak: 083 230 6910 of 082 200 3350; 

japiewms@bergrivier.comwww.bergrivier.com

'n Persoonlike Yzerfontein-ervaring

Kariza, Yzerfontein
Kariza, Yzerfontein

Kariza bied selfsorgakkommodasie in Yzerfontein en vorm deel van 'n familiebesigheid. 

Ons kweek goeie, persoonlike verhoudings met die plaaslike mense om jou ervaring meer persoonlik te maak wanneer ons vakansieakkommodasie en wegbreekpakkette aanbied in 'n groot verskeidenheid gehalte-eiendomme in alle prysklasse. Ons passie is om die pragtige dorp Yzerfontein met ons gas te deel! 

Kontak: 083 453 2336; 022 451 2210;

Info@yzerfonteinaccommodation.co.za
www.yzerfonteinaccommodation.co.za

Giovanni's Italian Country Kitchen: Italië, hier kom ons

Italiaanse kos – heerlike pasta en souse, pizzas , warm en bevrore kos. Ons het nou ook 'n deurry-restaurant.

Kontak ons voor die tyd by 083 4281108 en op Whatsapp by 083 428 1108; 072 037 6057

Bly oor by On The Beach in Yzerfontein

On The Beach
On The Beach
On The Beach
On The Beach

On The Beach bied 2 grondvlakselfsorgeenhede op die seefront met 'n pragtige uitsig oor die see. 

Daar is 'n paadjie wat uitloop na die see asook twee stoele om die uitsig te bewonder. Albei eenhede het braai- en kookgeriewe.

Die eienaars woon op die boonste vlak. Die Seabreeze-eenheid bied akkommodasie vir drie en die Marilyn-eenheid vir twee. Beide eenhede se leefarea is privaat en daar is veilige parkering binne die erf.

Kontak: www.onthebeachyzer.co.za;  

Delia de Bod 0824125651; deboddelia@gmail.com

Ervaar Langebaan by Seagulls-gastehuis 

Seagulls Guest House
Seagulls Guest House

Seagulls is 'n wonderlike keuse vir verblyf in Langebaan, of jy nou 'n toeris is of vir sake reis. 

Ons het sewe bekostigbare, ten volle toegeruste en netjiese selfsorgeenhede vir paartjies, families of groot groepe van tot 19 volwassenes en 10 kinders, indien dit as geheel bespreek word.

Hier kan jy al die gerief van jou eie huis geniet in 'n rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. Seagulls is binne loopafstand van die dorpie, gewilde restaurante, winkels en die hoofstrand.

Kontak: 082 705 3448; reservations@seagullslangebaan.comwww.seagullslangebaan.com

Letsatsi Lodge vir viersterverblyf

Letsatsi Lodge
Letsatsi Lodge

Luukse selfsorg- en vrystaande akkommodasie. Braaipakke, tuisgemaakte sosaties, ys, kameeldoringhout en water en drank (ten volle gelisensieerd) kan op die perseel gekoop word. 

Daar is 'n plek om jou motor te was, wasgoeddiens, swembad, reuseskaakstel en wild om te besigtig, asook 24-uur-sekuriteit.

Ons het 'n kragopwekker op die perseel en 'n restaurant, die Red Ox Steakhouse, vir 'n heerlike verskeidenheid van disse en koffie. Geniet puik kos en diens by ons unieke verblyf.

Kontak: www.letsatsi.ncfamouslodges.com/

Verken die Moederstad met Glorious Cape Tours

Glorious Cape Tours
Glorious Cape Tours

Kom met ons in aanraking vir dagtoere in en om Kaapstad. 

Ons spesialiseer in groep- asook privaat toere. Ons klein span bestaan uit gekwalifiseerde, gelisensieerde toergidse.

Kontak: 076 784 5870; info@gloriouscapetours.co.za

Voel tuis by Swartberg Country Manor

Swartberg Country Manor
Swartberg Country Manor

Genestel aan die voet van die Swartberge lê die ewige sjarme van Swartberg Country Manor. 

'n Rustige wegbreek van die besige lewe na 'n wêreld van prag en ontspanning. Ons wens is dat ons gaste tuis voel in hierdie indrukwekkende landskap met van die hoogste berge in die Wes-Kaap.

Kontak: 044 279 3188; res@swartbergmanor.co.zawww.swartbergmanor.co.za

Sielsrus by Klawer Hotel & Margo's Restaurant

Klawer Hotel & Margo's Restaurant
Klawer Hotel & Margo's Restaurant

As die natuur roep, is Klawer jou bestemming – minder as drie uur se ry vanaf Kaapstad. 

Tussen berg en wingerd, waar die wilde blomme regeer – dit is waar die Klawer-hotel in al jou behoeftes sal voorsien.

Vanaf die dek bied die hotel 'n pragtige uitsig oor die Klawerberge en die wynboerderygemeenskap. Veilige, helder verligte parkeerplek met elektroniese hekke wat 24/7 gesluit is vir jou beskerming. Pragtige swembad.

Daar is ook 'n à la carte-restaurant met 'n grootskerm-TV en 'n kroeg op die perseel. Kom verkwik jou siel!

Kontak: 027 216 1934; 083 232 0826;

 klawerhotel@telkomsa.netwww.klawerhotel.co.za

‘Smullekker’ gasvryheid by Skeiding

Skeiding
Skeiding

Skeiding is 'n werkende plaas halfpad tussen Kaapstad en Knysna op die N2, wat dit die ideale oornagplek maak. 

Hier spog ons met panoramiese uitsigte oor die Langeberge en Skeiding straal 'n gevoel van ingeskape rustigheid, ouwêreldse sjarme en hartlike gasvryheid uit. Hier glo ons nie aan diëte nie.

Ons is bekend vir ons egte Suid-Afrikaanse kos wat daagliks in ons restaurant bedien word. Geniet ons smullekker plaasontbyt, malvapoeding, tuisgemaakte boerewors, heerlike volstruisvleis en baie meer. Of ontspan langs jou eie knetterende vuurtjie.

Sluit 7:30 by Neels aan vir 'n toer van die plaas. Hier kan die stadskind 'n paar dinge leer.

Kontak: 082 451 4965; skeiding@easycoms.co.zawww.skeiding.co.za