Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Angler and Antelope-gastehuis, Somerset-Oos

Angler and Antelope-gastehuis
Angler and Antelope-gastehuis

Ouwêreldse sjarme ontmoet moderne gerief in hierdie vierstergegradeerde gastehuis – maar dit is nie net die gerief, lugreëling en gansdons- en sybokhaarkomberse wat jou wil laat terugkom nie – dit is 'n plek waar jy kan ontspan en jouself kan wees.

Jy kan eenvoudig nie deur die Karoo reis sonder om die passie te ervaar van Alan se kunsvlieghengel of die tuisgekookte maaltye gekomplementeer deur 70 verskillende moutwhiskies nie.

Kontak: 079 488 1361; info@anglerandantelope.co.za; www.anglerandantelope.co.za

Margate Place-gastehuis, Port Elizabeth

Margate Place-gastehuis
Margate Place-gastehuis

Moderne gastehuis vir selfsorg- of B&O-opsie in privaat besit. Alle kamers het 'n privaat ingang en party het 'n privaat patio/braai.

Kontak: 076 423 0783; mplace@mweb.co.za; www.margateplace.co.za

Luukse akkommodasie in Plettenbergbaai by Fynbos Ridge

Fynbos Ridge
Fynbos Ridge

Ons gastehuis is 'n groot Kaaps-Hollandse huis met vier dubbele, luukse slaapkamers en een ekstra groot luukse slaapkamer – elk met 'n volledige en suite-badkamer. Indien gereël, word ontbyt en aandete bedien in die buitelug-eetkamer. Selfsorgkothuise ook beskikbaar.

Kontak: 044 533 0106; 083 448 0046; info@fynbosridge.co.za; www.fynbosridge.co.za

Bentley’s Guesthouse: Neem 'n poskaartfoto van Tafelberg!

Bentley’s Guesthouse
Bentley’s Guesthouse

Bentley's Guesthouse is luuks en puik geleë in 'n stil straat slegs 400 meter vanaf die bekende Bloubergstrand in Kaapstad. Hier kan jy jou panoramiese poskaartfoto van Tafelberg neem.

Breek weg en kom ontspan by die see, met bed en ontbyt – of jy nou op jou eie reis, of saam met kollegas, vriende of familie is. En dis natuurlik ook perfek vir 'n romantiese vakansie van 'n leeftyd!

Kontak: +277 6286 8001; info@bentleys.co.za; www.bentleys.co.za

Beaufort Manor-gastehuis, Beaufort-Wes: Die ideale plek om te oornag

Beaufort Manor-gastehuis
Beaufort Manor-gastehuis

Die dorp Beaufort-Wes is ideaal geleë op die N1-hoofweg op pad na Durban, Kaapstad en Johannesburg. Moeë reisigers verkies dikwels om in hierdie dorp te oornag. Beaufort Manor Guest House bied 'n oase aan oordeelkundige klante. Ons het 17 ontwerperkamers in die huis self en vyf selfsorghuisies vir gaste wat meer privaatheid verkies.

Geniet heerlike Karoo-etes soos ons bekende lamsboud, tuisgemaakte hoenderpastei en bobotie of 'n drankie by die kroeg. Bespreek asseblief vooraf om teleurstelling te voorkom. Daar is ook 'n swembad waar jy kan afkoel na 'n lang dag se ry.

Kontak 023 415 2175; info@beaufortmanor.co.za

Jothams-gastehuis, Durban

Jothams-gastehuis
Jothams-gastehuis

Bed-en-ontbytgastehuis met 'n driestergradering of selfsorg in privaat eenhede. Dit is twee kilometer tot by Ansteys-strand en die nasionale gholfbaan. Knus eenhede vir sakereisigers of vir vakansies.

Kontak: 073 195 9500; jothamsplace@gmail.com; www.jothams.co.za

Avondrood-gastehuis: 'n oorspronklike Victoriaanse Kaaps-Hollandse huis

Avondrood-gastehuis
Avondrood-gastehuis

Avondrood se oorspronklike Victoriaanse Kaaps-Hollandse huis bied gaste rustige verblyf met 'n ryk historiese gevoel gekombineer met al die moderne weelde en geriewe wat jy verlang. Daar is agt groot suites om van te kies, en almal is weelderig ingerig.

Geniet die rustige tuin rondom die swembad, verhitte Jacuzzi en ontbytveranda met 'n uitsig oor die berge. Ons is trots dat ons Franschhoek se top-vierstergastehuis geword het, soos benoem deur TripAdvisor-gaste en –besoekers.

Kontak: www.avondrood.com; reservations@oystercollection.co.za; +27 (0)21 876 2112

Noordoewer-gastehuis: Ware Namibiese gasvryheid

Noordoewer-gastehuis
Noordoewer-gastehuis

Die ideale oornagstop tussen Kaapstad (670 km) en Windhoek (800 km). Al 14 die kamers is en suite, het 'n privaat ingang, yskas/minikroeg, lugreëling en 'n koffie/teestasie. Ontspan in ons sitkamer met 'n boek, kyk DStv en geniet 'n uitsig oor die plase en Oranjerivier terwyl jy deur die wingerde stap. Hier bedien ons ware Namibiese etes met 'n kinkel – op versoek. Ons het boma-styl braai-areas en braaipakke, hout, ens. Veilige parkering.

Kontak: marais@noordoewerguesthouse.com

Veiligheid en gerief by Mountain Dew-gastehuis

Mountain Dew-gastehuis
Mountain Dew-gastehuis

Ons is 'n seweslaapkamer-gastehius in George en bied ontbyt en aandete. Covid 19-maatreëls word geïmplementeer.

Kamers word met hoë tegnologie-toerusting ontsmet met Sanosil (Halo)-waseming. Peroxsil AG+ is 'n kragtige, doeltreffende veeldoelige ontsmetmiddel wat stabiel en veilig is.

Kontak: +27(0)448743034, +27(0)823233636, hannelie@mountaindew.co.za

The Tops-gastehuis: 'n Panoramiese uitsig oor Suid-Afrika!

The Tops-gastehuis
The Tops-gastehuis

The Tops, in Wildernis, is die gastehuis met die heel mooiste uitsig in Suid-Afrika. Die panorama wat geskep word deur die Indiese Oseaan voor en die inheemse woud agter, plaas Tops in 'n puik posisie.

Ons bied bekostigbare verblyf en jy kan kies tussen B&O of selfsorg. Al ons kamers het seeuitsigte. Ons is ongeveer sewe minute se stap van die see, lagune en dorpie met sy sewe restaurante af.

Kontak: 0448770187, stay@thetops.co.za, www.thetops.co.za

On the Beach Guesthouse & Suites, Jeffreysbaai

On the Beach Guesthouse & Suites, Jeffreysbaai
On the Beach Guesthouse & Suites, Jeffreysbaai

On The Beach Guesthouse and Suites in Jeffreysbaai het 'n ontspanne en verfynde atmosfeer waar die skouspelagtige agtergrond reg op die strand geniet kan word. Ervaar die wonder van 'n skemerbraai en vuurput op rand van die strand.

Ons voorsien gaste van strandstoele en –handdoeke. Daar is 'n verskeidenheid akkommodasie om van te kies en die meeste eenhede het direkte toegang tot die strand.

Ons is slegs 50 minute se ry van PE se internasionale lughawe af. Die rustige klank van die branders help jou om gou te ontspan en dolfyne en branderplankryers deel dieselfde golwe – ervaar die harmonie van die natuur.

Kontak: +27 (0)42 293 3427; +27 (0)82 527 9414; info@onthebeach.co.za; www.onthebeach.co.za

Ontspan by The Greens-gastehuis, Knysna

The Greens-gastehuis
The Greens-gastehuis

The Greens-gastehuis is geleë in die hart van die welige plantegroei van die Tuinroete in die prentjiemooi en gewilde dorp Knysna. Die gastehuis is perfek geleë 50 meter vanaf die bekende Knysna-gholfbaan.

'n Elegante eenverdieping- argitektoniese juweel met 'n groot oopplanleefarea, agt en suite-slaapkamers en 'n veilige swembaddek met pragtige uitsigte oor die Knysna-koppe en –gholfbaan. Ideaal vir sake- of ontspanningsreisigers wat opsoek is na 'n rustige omgewing.

Kontak: 087 057 1269; bookings@knysnagreens.co.za; knysnagreens.co.za

On The Bay Bed and Breakfast, Port Elizabeth

On The Bay Bed and Breakfast
On The Bay Bed and Breakfast

Ons bied ongelooflike geriewe in die ligging van 'n pragtige Engelse tuin wat met meer as 90 roosbome spog. Die kamers is kleurvol gemeubileer, elkeen in sy eie styl, en elke kamer het 'n privaat ingang en 'n patio om jou verblyf spesiaal te maak. Veilige parkering op die perseel.

Kontak: 041 583 3190

Sit op die stoep by Fernhill-gasteplaas, Knysna

Fernhill-gasteplaas
Fernhill-gasteplaas

Ons ten volle selfsorgkothuise het 'n pragtige stoep wat oor die plaaskampe kyk. Die kothuise self kan tot vyf persone elk huisves. Daar is 'n houtkaggel binne en onderdakbraai op die stoep.

Kontak: 079 403 6585; admin@fernhillguestfarm.co.za; www.fernhillguestfarm.co.za

Art-gastehuis, Lutzville

Art-gastehuis
Art-gastehuis

Sewe ten volle gedienste en toegeruste dubbel- en enkel en suite-kamers met privaat ingange. Die gastehuis het 'n tuin en ons bied gratis WiFi en gratis parkering. Die eenhede het lugreëling, 'n TV met satellietkanale, mikrogolf, ketel, store en gratis toiletware.

Kontak: 0836849119; artguest22@gmail.com

Knysna Manor House: Jou tuiste weg van jou huis

Knysna Manor House
Knysna Manor House

Hierdie historiese gastehuis is in die laat 1800’s opgerig en bied gaste 'n tuiste weg van hulle huis. Pryse sluit ontbyt en WiFi in. Die gastehuis is sentraal geleë en binne stapafstand van alle winkels en die veilige parkering. Ons bly streng by reëls vir higiëne.

Kontak: +27443825440; manor@absamail.co.za; www.knysnamanor.co.za; 064 541 72340

Woodlands-gastehuis, Hazyview

Woodlands-gastehuis
Woodlands-gastehuis

Geleë in die woonbuurt Hazyview, sewe km vanaf die Kruger- nasionale park. Die drieverdiepinghuis het sewe suites met gerieflike areas om in te ontspan. Die groot subtropiese tuin met inheemse bome en swembad maak dit 'n rustige omgewing waar jy die beste van Suid-Afrika se weer en plaaslike voëllewe kan geniet.

Daar is DStv, 'n minikroeg, yskas, lugreëling en WiFi, asook  'n kluis in die kamers. Ons personeel streef daarna om alle verwagtinge van besoekers te oortref.

Kontak: +270630656930, reservations@woodlandsgh.co.za, www.woodlandsgh.co.za

Ocean Watch-gastehuis, Plettenbergbaai

Ocean Watch-gastehuis
Ocean Watch-gastehuis

Ocean Watch-gastehuis is perfek geleë teen die kusheuwel van die pragtige Plettenbergbaai. Dit is die ideale plek vir walvis- en dolfynkyk. Binne maklike stapafstand na restaurante en winkel in die dorpie en ook die ongerepte strande.

Die gastehuis is smaakvol ingerig vir 'n elegante, ontspanne gevoel. Die seefrontkamers en die gemeenskaplike sitkamers het asemrowende uitsigte oor die oseaan, rivier, riviermonding en die majestueuse Tsitsikammaberge teen die agtergrond.

Kontak: 044 533 1700; oceanwatchguesthouse@gmail.com

Cycad-gastehuis, Polokwane

Cycad-gastehuis
Cycad-gastehuis

Hierdie sjarmante gastehuis het sy deure oopgemaak in 1995 en is 'n gewilde keuse vir besigheids- en vakansiereisigers. Die pragtige palmbome gooi kalmerende skaduwee oor moeë reisigers.

Dit is geleë in die hartjie van Polokwane met toegang tot hoofpaaie en is naby die sentrale besigheidsarea, regeringsdepartemente, die hooggeregshof, Mediclinic- private hospitaal, Peter Mokaba-sportstadion en die Polokwanegholfbaan.

Dit is onlangs opgeknap en hier kry jy styl, gerief en 'n moderne atmosfeer. Die personeel is vriendelik, bekwaam en toegewyd – wat jou verblyf beslis spesiaal sal maak.

Kontak: 0152912181, reservations@cycadguesthouse.co.za, www.cycadguesthouse.co.za

Valley-gastehuis, Port Elizabeth

Valley-gastehuis
Valley-gastehuis

Gesinshuis met drie en suite-slaapkamers. Geleë in 'n stil doodloopstraat naby Settlerspark, 200 meter vanaf die St Georges Park-krieketgrond. Beperkte parkering van die straat af is beskikbaar. R720.00 vir twee persone, en dit sluit 'n volledige warm ontbyt in.

Kontak: 041 5862188; 084 7534942; valleyguesthouse.pe@gmail.com