
Ons het hierdie plekke op ’n kaart gesit sodat jy dit maklik kan opspoor. Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se OopDeureOopHarte-veldtog, waar ons instansies ’n hupstoot wil gee ná die tyd van inperking.
Berluda Farmhouse and Cottages is aan die hange van die Swartberg op 'n tipiese Klein-Karoo-plaas.
Geniet 'n gerieflike en ontspanne tydjie met tikkies weelde, persoonlike diens en Suid-Afrikaanse gasvryheid.
Kontak: www.berluda.co.za
Zamani Grill: Besoek die Kleinste Kroeg op Roete 62!
Die Kleinste Kroeg op Roete 62 word met trots deur Zamani Grill gehuisves.
Hierdie kroeg is net 'n rapsie groter as 'n koninggrootte bed en kan 6-8 persone akkommodeer. Zamani Grill is 'n geesdriftige, tog intieme Klein Karoo-restaurant met 'n groot hart en sitplek vir 12 binne en vir 36 buite in ? semi-opelug-binnehof.
Ons is ten volle gelisensieer en bedien tuisgemaakte hamburgers, biefstuk, hoender, skaap- en varktjops, pizza en vis.
Geen pasta nie. Burgerbroodjies en pizza-deeg word tuis gebak. Gourmet-melkskommels word in 'n outentieke volstruiseierdop bedien! Groepe is welkom, maar voorafreëling word aanbeveel.
Kontak: 083 881 9334;
zamani@scwireless.co.za; www.facebook.com/zamanigrillcalitzdorp/
Buffelsdrift Game Lodge: In die hartjie van die Klein-Karoo
Die Klein-Karoo is deel van die bekende Tuinroete, en ons is 6,5 km buite Oudtshoorn, die volstruishoofstad van die wêreld, slegs 300 meter vanaf die teerpad na die Kangogrotte. Die hooflodge is langs 'n enorme watergat vol groot visse, skilpaaie en seekoeie. Vanaf die dek om die lodge kan jy olifante en seekoeie sien, asook visse in die water en ander wild aan die oorkantste oewer.
As jy gelukkig is, sien jy dalk 'n visarend wat sy daaglikse maaltyd vang. Daar is allerhande aktiwiteite, soos bossafari’s, voer en borsel van olifante en stap. Ons is ook goed toegerus vir konferensies en troues.
(044) 272 0000, info@buffelsdrift.com, buffelsdrift.com
Die beste van die Groot-Karoo by Kabbelrus
Daar is 'n plonspoel en groen gras vir ontspanning en restaurante en snuisterywinkels binne stapafstand van ons. Toeriste het die keuse van verskillende staproetes in en om die dorpie.
Die wêreldbekende Kangogrotte is 35 kilometer hiervandaan. Hierdie ouwêreldse dorpie maak deel uit van Roete 62 en kronkel vanaf Kaapstad deur die wynvallei, Klein-Karoo, Langkloof en strande van Jeffreysbaai, Port Elizabeth en Addo- nasionale park.
Kontak: 060 5002 657; info@kabbelrus.co.za; www.kabbelrus.co.za
Calitzdorp Country House: Rustigheid, bederf en fynproewerdisse
Dit is pragtig gemeubileer met antiekmeubels en bied asemrowende uitsigte oor die vallei van boorde na die majestueuse Swartberg. Ons luukse akkommodasie sluit in vyf lugversorgde slaapkamers met koninggrootte beddens, DStv, en suite-badkamers en 'n privaat patio. Die badkamers het groot storte, twee wasbakke en reusebaddens.
Na 'n skouspelagtige sonsondergang kan jy 'n fynproewermaaltyd in ons restaurant geniet en die aand afsluit met party van Calitzdorp se beste portwyne.
Kontak: 0442133760, info@cchouse.co.za, www.cchouse.co.za
Peter Bayly Wines
In die ouwêreldse Calitzdorp, in die Klein-Karoo, wat wêreldbekend is vir sy goeie wyne, droëvrugte en gasvryheid, is daar 'n kronkelende plaaspad wat 'n mens neem na die prentjiemooi Groenfonteinvallei.
Volg hierdie grondpad al hoe dieper in Groenfontein in langs die Nelsrivier en die golwende heuwels vol spekbome, aalwyne en allerhande Karoovetplante tot jy afkom op 'n klein bordjie met 'n vlieënde vark – dan weet jy dat jy by die plek aangekom het waar drome waar word – Baylys en hulle geheime wingerd waar jy kan wyn proe en koop!
Kontak: 0834575037; 044 2133702; www.peterbayly.co.za; info@baylys.co.za
Verken Oudtshoorn vanaf Dudok House
Dudok House is in Oudtshoorn, sowat 2,3 kilometer vanaf Cango Wildlife Ranch, en voorsien akkommodasie met 'n swembad, gratis privaat parkering en 'n tuin.
Die lugversorgde kamers het 'n uitsig oor die tuin en het 'n hangkas en gratis WiFi. Die eiendom is ongeveer 49 kilometer vanaf die Swartbergpas, 1,3 kilometer vanaf die CP Nel-museum en 2,3 kilometer van die Ateljee Thijs Nel Gallery.
Kontak: 083 308 2259; dudokhouse19@gmail.com
Namakwa Weskus-toerisme: Ontdek Namakwa se erfenis
Stel jou voor: oop ruimtes, skoon lug en die belofte van herontdekking. Stel jou nou voor jy is self daar, in daardie betowerende plek.
Ervaar die buitengewone botaniese erfenis van die bloeiende vygievelde in die lente of die dwergvetplante van die Knersvlakte. Stap in die Matzikamma-, Koebee- en Gifberge; roei en doen vlotvaart op die Olifants- en Doringrivier.
Spring op 'n veldfiets of 4x4 en ry al langs die kus vanaf Strandfontein na Jurg-se-Kaya of Brand-se-baai, of lê besoek af by die mense van die Hardeveld. Volg die Weskus-wynroete wat jou deur die Olifantsriviervallei neem na Doringbaai en Lambertsbaai.
Kontak: 082 608 7554
Ken jy die Namakwa-camino?
Die Namakwa-camino is 'n 10 dag lange slenterstaptog van 260 kilometer deur die diverse Namakwalandse platteland.
Dit is 'n sirkelroete wat vertrek vanaf die kusdorpie Hondeklipbaai. Die asemrowende roete neem jou oor dorre vlaktes, deur unieke vetplantbiome en langs die kusgedeelte van die Namakwa- nasionale park.
Die korter roete van sewe dae gaan deur 'n binnelandse roete na die kusgedeelte van die park. Die dae langs die kus is maklike stap met genoeg tyd om die ongerepte en pragtige Namakwalandse kus te geniet.
Kontak: Elize 083 674 5045; Ina 072 219 2452;
namaquacamino@gmail.com; www.namaquacamino.co.za
Namaqua Silver Sands: Kom stap tydens die blomseisoen!
By Namaqua Silver Sands is alles ingesluit – parkgeld, akkommodasie, vervoer, alle etes en drinkgoed. Geniet die staproete langs die Namakwa-Weskus in die Namakwa- nasionale park met sy blommeprag in die seisoen.
Die sesdag-avontuur sluit in 50 kilometer se stap, besoek aan die Aristea-wrak, lekker kuier op Hondeklipbaai en afsluit met kaas en wyn by die Lutzville-wynkelder.
Ons kuier saam op die strand by Bamboeskamp in 'n goed toegeruste tentkamp met warm stortgeriewe om die styfheid mee weg te was voor ons 'n glasie klink met 'n smaaklike ete aan die einde van die dag.
Kontak: 072 376 2870; hiking@namaquasilversands.co.za; www.namaquasilversands.co.za
Victoria-Wes-gastehuis: Bly oor in geskiedkundige Karoo-huise
Victoria-Wes-gastehuis bestaan uit twee geskiedkundige Karoo-huise met vyf luukse eenhede en twee en suite-eenhede.
Die hele kompleks is ommuur, goed belig en veilig met genoeg parkering.
Elke eenheid het sy eie braai-area en vyf van die eenhede het selfsorggeriewe. Dit is sentraal geleë in die Groot-Karoo op die N12 en Victoria-Wes is genestel tussen twee Karooheuwels.
Geniet hierdie betowerende gebied in een van ons goed ingerigte kamers.
Kontak: 053 6211 022; victoriawesgastehuis@gmail.com
Kry jou kykie op die Karoo by Langfontein-gasteplaas
Langfontein-gasteplaas bied luukse akkommodasie in drie verskillende huisies wat sorgvuldig tot hulle eertydse glorie herstel is.
Geen gedeelde ruimtes, pragtige dekor, gerieflike beddens en pragtige uitsigte oor die Karoo.
Geniet privaatheid, ruimte en afsondering. Die huisies is ten volle ingerig vir selfsorg, het kaggels, 'n gerieflike sitkamer en slaapkamer met weelderige linne. Die perfekte wegbreek na 'n Karooplaas.
Kontak: 082 781 9015
Kambro Akkommodasie en Padstal, Britstown
Kambro Padstal bied egte Karoo-lekkerte met sy tuisgemaakte pasteie, heerlike plaasontbyte en ligte etes in die restaurant, espresso of affiplaas-koffie, cappuccino’s, ens. In die vrieskas is sosaties (lam en springbok), filette, pasteie, en meer te koop.
Geskenke, konfyte, pantoffels, tuisgebak en likeure dra by tot 'n heerlike inkopie-ervaring. Die selfsorg-chalets is volledig toegerus en elkeen het 'n privaat braaiplekkie.
Kom kyk sterre in die Karoo op die plaas op die N12 terwyl jy 'n Karoo-tjop op die kole gooi. Ons het ook karavaanstaanplekke met krag en 'n stukkie gras. Ablusies is netjies en het warm water.
Kontak: 083 800 0014; info@kambron12.co.za; www.kambroaccom.co.za
Weelde by De Zeekoe Guest Farm
Die gasteplaas De Zeekoe bied luukse akkommodasie slegs sewe kilometer buite Oudtshoorn.
Kontak: 082 551 3019; info@dezeekoe.co.za; www.dezeekoe.co.za
Surval Boutique Olive Estate: Jou eksklusiewe verblyf in die Klein-Karoo'n Luukse en eksklusiewe wêreld waar die tyd stilstaan, 'n plek waar jy kosbare oomblikke kan koester. Surval bied luukse akkommodasie in 'n rustige olyfplaasatmosfeer.
Kies uit 31 puik kamers met heerlike disse en 'n ongeëwenaarde omgewing met eersteklasfasiliteite. Ons sien uit daarna om jou te verwelkom sodat jy die ware gasvryheid van die Klein-Karoo kan geniet.
076 256 3519; reservations@surval.co.za; www.surval.co.za
Besoek Velskoendraai
Geleë by die ingang tot Clanwilliam. Ons spyskaart is bekostigbaar en innoverend en ons gebruik hoofsaaklik vars seisoenale produkte wat ons plaaslik kan kry. Ons bied ook 'n unieke rooibos-proegeleentheid.
Die familierestaurant het speelplek vir kinders. Ons bak ons eie brood en koek en doen spyseniering vir korporatiewe funksies van tot 60 mense. Ons Velskoen-ontbyt, ons roosterkoek en tradisionele afval- en waterblommetjiedisse en lamsnek is die gewildste items op ons spyskaart. Besoek ons Padstal vir wonderlike rooibostee-produkte.
083 460 3773; info@velskoendraai.co.za
Botuin Kothuise: Bly in ’n voëlparadys op Vanrhynsdorp
Ons bied drie selfsorg-kothuise in 'n veilige omgewing op 'n kleinhoewe net buite Vanrhynsdorp.
Ons tuin is 'n voëlparadys en Salome is 'n gekwalifiseerde natuurgids en passievolle voëlkyker. Ons kothuise is volledig toegerus met meubels wat deur Japie self gemaak is. Kontak ons gerus as jy die pragtige en ongekunstelde natuurskoon en rotsformasies in ons omgewing eerstehands wil ervaar.
Kontak: 072 471 4083; salome@botuin.co.za; www.botuin.co.za
Lankverwacht Gasteplaas: Rustige verblyf op Vanrhynsdorp
Ons het twee selfsorgkothuise wat drie gaste kan huisves.
Daar is 'n dubbelbed in die slaapkamer en 'n enkelbed in die sit/eetkamer. Ons voorsien: onderdak-braaigeriewe., stort, toilet/wasbak asook beddegoed en handdoeke.
Daar is 'n gasstoof, yskas, mikrogolf en ketel vir jou gerief. Ons het ook 'n karavaanhuis wat vier gaste kan huisves met vier oornagkaravaanstaanplekke.
Kontak: 027 219 1889 of 071 868 0413;
sakkievandmerwe@gmail.com; Facebook: Lankverwacht gasteplaas
De Rustica Olive Estate: Olyf en verblyf
Die toer skop af met interessante inligting oor olywe en die oes daarvan. Daarna word die oliepers besoek en dan word daar geproe aan verskillende kultivars en style. Wanneer jy olie vermeng, kies jy tussen delikaat, medium en intensief. Sodra jy weet van watter styl jy hou, kan jy ingeligte aankope doen. Olyfolie is dus nie sommer net olyfolie nie. Ons bied verblyf by Asher Stable Stay.
Dit is 1,5 kilometer vanaf die oliepers en is gerieflike stalkamers met die basiese benodigdhede. Kom weg van die stadsgewoel en tegnologie, en geniet die natuur.
044 241 2177
Besoek De Oude Pastorie -gastehuis op Victoria-Wes
Die oudste huis in die dorp. Vyf slaapkamers wat 11 persone kan akkommodeer. Elke kamer met privaat ingang, en suite-badkamer, tee- & koffiegeriewe, waaier en elektriese kombers. TV-kamer met kaggel. Loopafstand vanaf besienswaardighede. Gekookte Karoo-aandete met nagereg kan vooraf bespreek word. Ligte aandete ook beskikbaar, sowel as ontbyt. Kospakkies kan gereël word.
082 774 3824/072 6005 809; deoudepastorie.victoriawest@gmail.com
House Martin: Besoek die hartjie van die Klein-Karoo
House Martin Guest Lodge & Self Catering: Superieure akkommodasie in die hartjie van die Klein-Karoo naby die wêreldbekende Meiringspoort, Kangogrotte en plaaslike wynplase. Heerlike tuisgekookte maaltye is beskikbaar.
Daar is 'n pragtige tuin met swembad en braaigeriewe.
Kontak: 082 786 8491; info@housemartinsa.co.za; www.housemartin.co.za
Vat die pad na Naries Namakwa Retreat
Naries Namakwa Retreat in die Noord-Kaap is 'n plaas van 6000 hektaar in privaat besit, is toegewy aan bewaring en 'n volhoubare lewenswyse en is geleë tussen Springbok en Kleinzee met toegang vanaf Springbok deur middel van 'n 27 kilometer lange teerpad.
Dit is baie gewild as oornagverblyf vir reisigers van en na Namibië. Hier kan jy kies tussen eksotiese, romantiese verblyf of klassieke Kaaps-Hollandse kamers en selfsorghuisies, of grasdak-bergsuites wat op granietrots gebou is en uitkyk oor die vlaktes daaronder.
Kontak: 021 872-0398; reservations@naries.co.za; www.naries.co.za
Miles B&B Guest House: Jou tuiste weg van die huis in Oudtshoorn
Gerieflike, huislike akkommodasie met 'n snoesige atmosfeer en die perfekte plek vir diegene wat graag daar wil wees waar die aksie is, en tog die gevoel van 'n rustige omgewing wil ervaar.
Die klem op gerief en diens verseker dat jy jou tydjie hier vir altyd sal onthou.
Kontak: 044 272 4311; info@milesguesthouse.com; www.milesguesthouse.com