
Die volmaakte gesinsvakansie by ATKV-Buffelspoort
Minder as ’n uur van beide Pretoria en Johannesburg, net ’n klipgooi van die wêreldbekende Sun City, lê ATKV-Buffelspoort.Met verskillende soorte selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en aktiwiteite, ’n restaurant, kitskosfasiliteite en goed toegeruste winkel is ATKV-Buffelspoort die ideale basis vanwaar jy talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing kan verken.
Benewens ons 4-bed-tenthuise het ons ’n magdom kampeerstaanplekke onder skaduryke bome of gepavleide staanplekke met skadunette, kragpunte en 'n braai-area. Daar is puik opwas- en ablusiefasiliteite.Perfek vir aksie en avontuur, of net luilekker rus en vrede! Boonop bied die omgewing se rustigheid die regte atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning.
ATKV-Buffelspoort – ons oase in die Magaliesberge.
014 572 1000; buffelspoort@atkv.org.za; buffelspoort.co.za
Beplan jou volgende Botswana-kampeeruitstappie
Ervaar kampering by Mankwe met kampstaanplekke wat oor die bos en die mopaniewoud uitkyk. Dit bied die onverskrokke selfbestuur-kampeerder boskampplekke toegerus met 'n stort, spoeltoilet en wasbak. Water word voorsien, maar bring jou eie drinkwater.
Elke kampstaanplek kry die eerste nag vuurmaakhout, waarna dit by die hooflodge gekoop kan word.Elke kampstaanplek kan maksimum 20 gaste en vier voertuie in een groep akkommodeer. 'n Staanplek word bespreek vir die uitsluitlike gebruik van julle groep, of julle nou twee of 20 mense is, en word nie gedeel met ander reisigers nie. Ons is geleë tussen die Moremi-wildreservaat en Chobe- nasionale park.
+27 72 523 2796; reservations@wildsideafrica.net
Span uit by die Drakensberg
Net ’n rapsie meer as drie ure se ry van Johannesburg en Bloemfontein en sowat twee en ’n halfuur van Durban lê ATKV-Drakensville naby die voetheuwels van die Drakensberg-amfiteater, ’n Wêrelderfenisgebied.
ATKV-Drakensville, ’n mekka van asemrowende uitsigte, word omring deur historiese bakens en bied toegang tot talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
Die oord het verskeie soorte akkommodasie, avontuuraktiwiteite, ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskos-, koffie- en geskenkwinkel.Drakensville is perfek vir jou sprokiestroue, 'n suksesvolle konferensie of ? spiekeries spanbouprogram!
ATKV-Drakensville is die Provinsiale Lilizela-wenner in die drie-ster Karavaan-en-kampering-afdeling.
036 438 6287; drakensville@atkv.org.za; drakensville.co.za
Karavaan of kampeer? Uitgesorteer!
Carnival Camping & Caravans is die platinumbestemming-handelaar in Gauteng vir Howling Moon-produkte, en ons verkoop nuwe en gebruikte karavane, sleepwaens, kampeertoerusting, karavaanbybehore en buitelugtoerusting om in al jou karavaan- en kampeerbehoeftes te voorsien.
0100050499, JViljoen@carnivalcamping.com; 0737884358 (Johan);
DMalan@carnivalcamping.com, 0727336654 (Dawie);
SNiemand@carnivalcamping.com, 0608812511 (Steven)
GC Caravans vir karavaanverkope, 'n 4x4-installasiesentrum en winkel vir al die kampeerbybehore en onderdele vir jou volgende uitstappie.
Kontak: 0136975121
Vat die pad met Tygerberg-karavane
Ons is 'n buitelug-ontspanningsaak onder familiebestuur en doen al sedert 1994 besigheid.
Ons spesialiseer in nuwe en gebruikte karavane, sleepwaens en motorwoonwaens. Ons is trotse agente vir Invader en Jurgens, en spog ook met 'n ten volle ingerigte werkswinkel vir dienste en 'n kampeerwinkel vir al jou onderdele en bybehore.
0219824670; Wesley@tygervans.co.za; www.tygerbergcaravans.co.za
Custom Built Canvas Canopies: Pasgemaak vir jou
Hier vervaardig ons 'n verskeidenheid aluminiumraam-seilafdakke en ander produkte. Ons glo aan persoonlike diens en doen wat die beste is vir ons klante.
Ons help jou om 'n gerieflike oplossing te vind wat net reg is vir jou en ons strewe daarna om 'n gehalteproduk te lewer wat nie net by jou voertuig pas nie, maar ook duursaam, sterk en prakties is.
Ons is trots op ons besigheid en is daartoe verbind om jou verwagtinge te oortref. Kom maak gerus 'n draai vir vriendelike, lojale en uitstekende diens.
+27 83 303 0850; Tel: +27 12 662 3509
Beplan jou volgende toer
New African Safaris is 'n toeroperateur met doelgemaakte pakkette en met meer as 20 jaar se ervaring in doelgemaakte vakansies in Suidelike en Oos-Afrika.
Ons kundigheid is gefokus op middel- tot luukse akkommodasie en toere, en hanteer selfbestuur-, groep- en privaat begeleide toere. Kontak ons gerus om jou volgende reis met een van ons deskundiges te bespreek.
021 975 8882; info@newafricansafaris.com; www.newafricansafaris.com
Verken ons buurlande
Protea 4x4 Safari Tours bied selfbestuur-kampeersafari-toere na Namibië, Botswana en in Suid-Afrika!
083 268 0566; info@protea4x4.co.za
’n Bosveld-wegbreek op ATKV-Klein-Kariba
Sowat negentig minute van Johannesburg af, net buite Bela-Bela, sprankel ATKV-Klein-Kariba in een van die Waterberge se mooiste klowe.
Hierdie pragoord bied ’n wye verskeidenheid akkommodasie met egte Bosveld-gasvryheid.'n Verskeidenheid aktiwiteite, ontspanningsgeriewe en fasiliteite soos 'n restaurant, kitskosafdeling en 'n goed toegeruste winkel verseker dat gaste nie een ongerieflike oomblik beleef nie. Boonop is Klein-Kariba geleë op die Bosveld-toeristeroete en die ideale basis vir verskillende dagtoere.
Kom maak jou droomtroue waar met 'n bostroue in ons eie klipkapel by 'n betowerende waterval.ATKV-Klein-Kariba – ware gasvryheid by die juweel van die Bosveld!
014 736 9800; kariba@atkv.org.za; klein-kariba.co.za
Kom tot rus by Oranjerus Oord
Oranjerus Oord is aan die oewer van die Oranjerivier in Kanoneiland.
Ons bied 'n hele rits bekostigbare opsies. Gaste kan kies tussen sakpas-chalets, luukse chalets, besigheidskamers, rivier-chalets, houthuisies en tentverblyf. 'n Lowerryke kampterrein met grasperk, en kampplekke is toegerus met elektrisiteit en luukse gemeenskaplike ablusiegeriewe. Die oord het 'n restaurant en kroeg op die perseel.
Die dek en lapa is beskikbaar vir konferensies en troues of enige spesiale funksie.
0827725896, oranjerus@mweb.co.za, www.oranjerus.com
Ontsnap na ’n tropiese paradys by ATKV-Natalia
Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.
Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite.
Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
031 916 4545; natalia@atkv.org.za; natalia.co.za
’n Rits aktiwiteite wag by ATKV-Goudini Spa
Skaars ’n uur van Kaapstad in die hartjie van die Bolandse berge lê ATKV-Goudini Spa met sy helende mineraalbaddens en hope pret.Die verskeidenheid selfsorgakkommodasie, vermaak en ontspanningsgeriewe sal selfs die kieskeurigste vakansieganger gelukkig maak.
Daar is natuurlik verhitte swembaddens, 'n warmwater-glyplank, tennis- en vlugbalbane asook 'n speletjieskamer en stapplek in die natuur.
Die puik fasiliteite kan tot 800 konferensiegangers huisves met nege konferensie-lokale.
Die ideale keuse vir ’n perfekte huweliksonthaal met pragtige uitsigte oor die Breedevallei.Die oord het ’n gelisensieerde restaurant, geriefswinkel en skoonheidsalon, asook ? wassery, OTM en Halaal-gesertifiseerde wegneemetes.
Perfek vir gesinsvakansies.
023 349 8100; goudini@atkv.org.za; goudinispa.co.za
Ervaar die natuurskoon van ATKV-Eiland Spa
Op die suidelike oewer van die Letabarivier slegs 68 km oos van Tzaneen in die Limpopo-provinsie, lê ATKV-Eiland Spa in die hartjie van die Hans Merensky-natuurreservaat.
Eiland Spa spog heeljaar met warm, sonnige weer en saam met die uiteenlopende natuurskoon is hierdie oord een van die gewildstes in Suid-Afrika.
Met ’n verskeidenheid selfsorgakkommodasie, ontspanningsgeriewe en -aktiwiteite, restaurant, asook ’n helende hidrospa is ATKV-Eiland Spa net die plek vir die hele gesin om te kom ontspan.
Die rustige kalmte en vreedsame stilte van die omgewing skep die ideale atmosfeer vir positiewe en verbeeldingryke besigheidsbeplanning en spanbou.
087 095 0089; eilandspa@atkv.org.za; eilandspa.co.za
Mik see toe by ATKV-Hartenbos!
ATKV-Hartenbos lê op die wêreldbekende Tuinroete tussen Kaapstad en Port Elizabeth, ongeveer 8 km van Mosselbaai en 40 km van George-lughawe.
Sakpas-gesinsvakansies by die see is moontlik met ATKV-Hartenbos se verskillende soorte akkommodasie waar jy per eenheid betaal en nie per persoon nie.
Voeg hierby ’n magdom aktiwiteite en ontspanningsgeriewe, ’n restaurant, kitskosafdeling en geriefswinkel en jy het alles wat jou hart begeer. Hartenbos is ook die ideale basis vanwaar mens jou vakansie verder kan inkleur met besoeke aan talle toeriste-aantreklikhede in die omgewing.
044 601 7200; hartenbos@atkv.org.za; hartenbos.co.za
Brandberg-ruskamp in Namibië
Wil jy kampeer of langs die swembad wees? Wel, ons het iets vir almal. Die lugverkoelde kamers langs die swembad is enkel of dubbel, met muskietnette, en suite-stort en toilet, USB-prop en 'n koffiestasie. Die kombuisies is ten volle toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolf, ketel en breekgoed.
Jou motor word onderdak parkeer en jy het 'n private tuin met braaigeriewe. Die safari-tente het drie beddens met 'n waaier, krag- en USB-proppe.
Die gemeenskaplike ablusieblok het storte met warm water.
+26464504038; brandberg@africaonline.com.na
Kom weg, kom by die Kruger
Bundox Safari Lodge bied stylvolle eenvoud ten opsigte van oornag-safariverblyf in 'n privaat reservaat in die groter Kruger-omgewing.
Bundox, op die drumpel van Suid-Afrika se gewildste natuuromgewing, het die Kruger- nasionale park, die Panorama-roete en die Blyderivier-canyon alles binne bereik.
reservations@bundox.co.za; www.bundox.co.za; 027 72 523 2796