Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die nasionale inperking.

Valley of the Rainbow: Kunsvlieghengel-landgoed

Valley of the Rainbow
Valley of the Rainbow

Perfekte wegbreek in die natuur, net twee ure se ry vanaf Gauteng. Verblyf in selfsorgeenhede, wat tentchalets, natuurhuisies, die opstal en kamers insluit. Buiteaktiwiteite sluit in kunsvlieghengel, voëlkyk, stap, naguitstappies, bergfietsry, 4x4- en veldfietsroetes.

Kontak: 0832574231; vor@mweb.co.za; www.rainbowvalley.co.za

Graskop Gorge Lift Co: Op en af in die woud

Graskop Gorge Lift Co
Graskop Gorge Lift Co

Net drie en 'n halfuur vanaf Johannesburg en Pretoria en op pad na die Krugerwildtuin. Dit is ideaal geleë in Mpumalanga se Panoramaroete net buite Graskop. Geniet asemrowende uitsigte oor die Motitsi-waterval, die woud onder en ver oor die Laeveld.

Dit is Suid-Afrika se eerste uitsighysbak en dit beweeg 51 meter teen die Graskopravyn af in die Afromontane-woud, asook die Big Swing and Zipline, Lift Café-restaurant en kroeg, 'n moderne Afrika-kunsgalery, geskenkwinkel en gemeenskapskunsmark.

Kontak: www.gglc.co.za

Ontsnap na Country Retreats

Country Retreats
Country Retreats

Uitgesoekte plekke in privaat besit in die pragtige Middellande van KwaZulu-Natal met 'n unieke ervaring en persoonlike diens terwyl dit voldoen aan natuurbewaring- en verantwoordelike toerismepraktyke.

Kontak: +27 (0)72 640 2737; africatalked@africatalked.co.za

Skyway Trails, Hazyview

Skyway Trails, Hazyview
Skyway Trails

Skyway Trails bied twee verskillende avontuuraktiwiteite propvol pret: Die lugkabelspoor en die boomtopuitdaging. Albei die aktiwiteite vind plaas in 'n pragtige natuurlike omgewing en is 'n baie opwindende ervaring. Die lugkabel neem jou onder na die vallei en jy stop op pad ondertoe op 'n paar verhoogde platforms om die natuurlike plantegroei, voëllewe en uitsigte onder te geniet.

Elke deel van die roete verskil in lengte, en daar is 10 platforms, wat die totale lengte van die roete 1,2 km maak. Die boomtopuitdaging is 'n hindernisbaan of hoë toue met verbindingspale tussenin. Al hierdie pale maak dit 'n reuse-klimraam.

Kontak: www.skywaytrails.com

Little Pilgrims Boutique Hotel, Hazyview

Little Pilgrims Boutique Hotel
Little Pilgrims Boutique Hotel

Die Little Pilgrims Boutique Hotel word deur die eienaar bestuur en het pragtige suites in pastelkleure. Die temas in die kamers herroep 'n vervloë era en kyk uit oor 'n welige, subtropiese tuin. In die tuin is daar 'n kroeg, swembad en sonstoele waarop jy kan ontspan.

Die suites het uiters moderne badkamers en ons het die gerieflikste beddens, gehaltelinne en die beste meubels gekies. Al die kamer is toegerus met geruislose yskaste, lugreëling, WiFi en satelliet-TV. 

Kontak: +270137373163; reservations@littlepilgrims.co.zawww.littlepilgrims.co.za

Panorama B&B, Port Alfred

Panorama B&B
Panorama B&B

Panorama B&B in Port Alfred is sentraal geleë binne stapafstand van die dorp, die Kowierivier en West Beach. Ons het drie dubbel-en suite-kamers met skuifdeure wat oopmaak op 'n veranda met mooi uitsigte oor die swembad en tuin na die Royal Alfred Marina en East Beach.

Sonnige kamers en bekostigbare tariewe maak Panorama 'n goeie keuse. Teug aan 'n skemerkelkie op jou veranda en geniet wonderlike sonsopkomste en –ondergange. Jou gashere, Marianne en Rob Field, sien daarna uit om jou te verwelkom.

Kontak: 046 624 5853; 071 592 96 94; Rob 072 161 5614; marianne.rob@portalfredpanorama.com

Thandulula Luxury Safari Tents, KwaZulu-Natal

Thandulula Luxury Safari Tents
Thandulula Luxury Safari Tents

Hierdie unieke, ten volle gemeubileerde , luukse tent het hulle eie badkamer, kombuis, TV, dekodeerders, braaiplekke en baie meer. Daar is 'n swembad op die perseel met 'n groot, ten volle toegeruste lapa en ablusiegerief. Alles is binne 'n veilige perseel.

Geniet die pragtige natuurskoon, ryk voëllewe en ervaar die roep van die endemiese boomdassie. Linne, komberse, elektriese komberse op al die beddens en daar is ook olieverwarmers en waaiers in elke eenheid. Southport-strand, wat 'n blouvlagstrand is, is 1,5 km hiervandaan.

Ons is nege km noord van Port Shepstone en 25 km noord van Margate. Jy weer en weer wil terugkom.

Kontak: 082 430 3334; info@thandulula.com; www.thandulula.com

The Garden Lodge Guest House

The Garden Lodge Guest House
The Garden Lodge Guest House

The Garden Lodge Guest House voorsien B&O- asook selfsorgopsies in Uitenhage, en ons verblyf is bekostigbaar, netjies en skoon. Elke kamer het sy eie badkamer.

Ons het ten volle toegeruste selfsorgeenhede wat tot ses gaste kan huisves. Ons bied ook selfsorgkamers vir twee gaste.

Kontak: 0419227454, info@thegardenlodge.co.za, www.thegardenlodge.co.za

aha Hotels & Lodges: 'n Unieke verskeidenheid blyplekke!

aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges
aha Hotels & Lodges

aha Hotels & Lodges is die toerisme-eiendombestuursmaatskappy van Tourvest’s Accommodation and Activities wat die portefeulje van eiendomme in Suidelike Afrika verteenwoordig en bedryf. aha Hotels & Lodges het eiendomme in Gauteng, die Wes-Kaap, Noordwes, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopo en buite Suid-Afrika in Botswana en Zambië 

Eiendomme in die portefeulje:

Wes-Kaap: Harbour Bridge Hotel & Suites; Simon’s Town Quayside Hotel; The Rex Hotel

KwaZulu-Natal; Alpine Heath Resort; Gateway Hotel

Noord-Kaap: Kathu Hotel

Vrystaat: Bloemfontein Hotel

Gauteng: Kopanong Hotel & Conference Centre

Noordwes: Lesedi; Ivory Tree Game Lodge; Shepherd's Tree Game Lodge; Thakadu River Camp; Madikwe River Lodge

Mpumalanga: Bongani Mountain Lodge; Casa Do Sol Hotel & Resort; Boulders Safari Lodge; Nkambeni Tented Camp; Buffalo Rock; Mdluli Safari Lodge   

Limpopo: Makalali Private Game Lodge

Botswana: Chobe Marina Lodge

Zambia: The David Livingstone Safari Lodge & Spa

Kontak: www.aha.co.za

Bankfontein Tented Camp, Philippolis

Bankfontein Tented Camp
Bankfontein Tented Camp

Die kampeerterrein is onder koeltebome langs 'n stroompie ongeveer een kilometer vanaf die oewer van die Vanderkloofdam. Daar is vier permanente, luukse tente.

Dan is daar nog ses staanplekke vir kampeerders wat hulle eie tente wil bring. Daar is twee badkamers met warmwaterstorte en toilette. Die unieke bergstort is nogal 'n ervaring! Aktiwiteite sluit in hengel, 4x4-roetes, bergfietsry en uitstekende voëlkykgeleenthede.

Kontak: 072 279 6497 (WA) Tel: 051 773 7001; bankfonteinfs@gmail.com

Fusion Boutique Hotel, Polokwane

Fusion Boutique Hotel
Fusion Boutique Hotel

Wees voorbereid om te gaan op 'n onverwagte sielsreis wanneer jy oor die drumpel stap van Fusion Boutique Hotel in die hart van Polokwane, die woelige hoofstad van Suid-Afrika se Limpopo-provinsie. Die hotel het 'n vyfsterstatus en as jy hier bly, ervaar jy persoonlike aandag, weelderige dekor en pragtige kuns. Vyfster- luukse verbly en konferensiesentrum.

Kontak: 0152914042, marketing@fusionhotel.co.za, www.fusionboutiquehotel.co.za

Beachcomber Bay, KwaZulu-Natal

Beachcomber Bay
Beachcomber Bay

Beachcomber Bay is 'n driestergastehuis en is geleë op 'n heuwel met ongelooflike uitsigte oor die see, asook privaat toegang tot goue strande. Hierdie elegante huis is volgens 'n Afrika-tema ingerig en is 'n kombinasie van styl en gerief. Geniet hartlike gasvryheid, persoonlike diens en smullekker ontbyte.

Kontak: 0833723793

Sabaan-gasteplaas & venue

Sabaan-gasteplaas
Sabaan-gasteplaas

Sabaan se uitsonderlike lokaal vir troues en funksies is uniek en geskik vir tot 150 gaste, met 'n gerieflike kombuis, aparte onthaal-, opdien-, kroeg- en braai-areas.

Die 180°-uitsig oor die Sabievallei is baie spesiaal. Verblyf is beskikbaar in 22 gerieflike, bekostigbare selfsorgchalets, wat 'n totaal van 130 persone (wat deel), kan slaap. Sabaan is sentraal om die Panorama-roete te verken, met wêreldbekende besienswaardighede soos God’s Window, Drie Rondawels, Bourkes Luck Potholes, Mac-Mac en baie meer.

Net 30 km vanaf die Kruger- nasionale wildtuin se Phabeni-hek. Al hierdie aktiwiteite in die nabye area sorg vir dae se pret en avontuur.

Kontak: 071 545 0155 / 061 474 7524; www.sabaan.co.za

Breek weg see toe by Cape St Francis Resort

Cape St Francis Resort
Cape St Francis Resort

Akkommodasie wat elke sak pas. Kies uit luukse strandvillas met seefrontkamers, swembaddens en direkte toegang tot die strand of gesinskothuise in die middel van die oord of een- en tweeslaapkamerwoonstelle. Van hier is daar geleenthede vir gholfspeel, riviervaarte, branderplankry, walviskyk en baie meer.

Daar is twee restaurante op die perseel, 'n skoonheidstudio en geriefswinkel. Matige temperature en die langste sonskynure maak Cape St Francis uniek en eksklusief.

Kontak: 042 2980054; seals@iafrica.com; www.capestfrancis.co.za

Nkambeni Safari Camp

Nkambeni Safari Camp
Nkambeni Safari Camp

Nkambeni is ontwerp om die kleinste voetspoor agter te laat in hierdie ongerepte wildernis. 150 luukse en suite-tentsuites wat smaakvol ingerig is vir gerief en 'n egte Afrika-boservaring.

Kontak: cro@echoafrica.co.za; www.echoafrica.co.za

St Francis Brewing Co Taproom & Grill

St Francis Brewing Co Taproom & Grill
St Francis Brewing Co Taproom & Grill

St Francis Brewing Co is geleë in die hartjie van St Francisbaai met 'n heerlike reeks plaaslik gemaakte boetiekbier en –sider, heerlike kos en lekker lewende musiek ... dit is die koelste plek om uit te hang nadat jy in die branders was, gestap het of op die strand ontspan het!

Kontak: 072 407 8565; linkymckabot@gmail.com

La Kruger Lifestyle Lodge, Marlothpark

La Kruger Lifestyle Lodge
La Kruger Lifestyle Lodge

La Kruger Lifestyle Lodge is argitektonies ontwerpte ontwikkeling wat met trots deur hulle eienaars aanbeveel word – veral vir die gas met onderskeidingsvermoë wat 'n unieke leefstyl in die Afrika-bos verlang.

Hierdie safari-wildreservaat grens aan die Krugerwildtuin en is naby aan die N4 tussen Malelane en Komatipoort Die naaste hek van die Kruger is die Krokodilbrughek, 20 minute se ry van ons af.

Kontak: +27 587 3114, info@lakruger.com, www.lakruger.com

Ndhula Luxury Tented Lodge, Witrivier

Ndhula Luxury Tented Lodge
Ndhula Luxury Tented Lodge

Ideaal geleë in die Laeveld van Mpumalanga. Die lodge sorg vir uitmuntende uitsigte oor die berge, die bosveld en die omliggende valleie. Hierdie pragtige uitsig en die ongelooflike sonsopkomste en –ondergange en vlaktewild gee hierdie plek die gevoel dat jy in die Serengeti is. Die naam “Ndhula” is die verkorte vorm van Indlulamithi, wat kameelperd in Zulu beteken.

Kontak: +27 (0) 66 479 8061; reservations@ndhula.co.zawww.ndhula.co.za

Welkom by Jikeleza Backpackers Lodge, Port Elizabeth

Jikeleza Backpackers Lodge
Jikeleza Backpackers Lodge

Jikeleza Lodge is daarvoor bekend dat hulle mense welkom laat voel en die eienaars en personeel is baie entoesiasties oor hulle onderneming. Dit is een van die ouer geboue in die sentrale gebied en die atmosfeer is ontspanne, veilig, gerieflik en skoon.

Die skaduryke tuin is 'n heerlike plek om te ontspan, ontbyt te eet en saans 'n vuurtjie te begin. Interaksie tussen gaste word aangemoedig en al die geriewe word gedeel. 'n Gerieflike manier van reis, wat niks met staptogte te doen het.

Kontak: 041 586 3721

Ontspan by Lalapanzi Guest Lodge, Port Elizabeth

Lalapanzi Guest Lodge
Lalapanzi Guest Lodge

Lalapanzi Guest Lodge het 'n vierstergradering en vier sterre en is 'n doelgeboude gastehuis met bomark-selfsorgverblyf en 'n opsie van B&O. Humewood is 'n baie gewilde strandwoonbuurt.

Daar is agt stylvol ingerigte en suite-eenhede. Indien jy die onbyt-opsie kies, word ontbyt voorsien in die spesiaal geboude ontbytkamer.

Kontak: 082 550 6470; info@lalapanzi-lodge.co.zawww.lalapanzi-lodge.co.za