Deel

Ontsnap! Hiér kan jy kamp en oorbly

akkreditasie
Hluhluwe Bush Camp
Hluhluwe Bush Camp
Soek jy idees vir waar om te bly op jou eerste vakansie ná inperking? Van selfsorghuisies teen die heuwels van die Swartberge, tot kampplek in die Isimangaliso-vleilandpark, hier is ’n lys puik idees vir ’n rustige wegbreek. Ons het kampplekke, verblyf op gasteplase (en meer!) gerieflik op ’n kaart gesit.

Hierdie plekke word gelys as deel van Weg se veldtog OopDeureOopHarte, waar ons ondernemings ’n hupstoot wil gee ná die tyd van nasionale inperking.

Raak rustig by Hluhluwe Bush Camp, KwaZulu-Natal

Hluhluwe Bush Camp
Hluhluwe Bush Camp

Hluhluwe Bush Camp kyk uit oor die skatkis van Valsbaai in die Isimangaliso-vleilandpark. Ons bied vyf luukse selfsorgtente vir glanskampering, twee ten volle toegeruste avontuurtente en klein, intieme kampering vir 4x4-liefhebbers in die bos met kragpunte, 'n braai en ablusieblok.

Geniet die stilte terwyl jy op die dek sit en kyk na jou bure – njalas, ribbokke, duikers en die pynappellande. Ons het ook 'n plaasstal en 'n swembad met swembadstoele wat oor Valsbaaipark uitkyk.

Kontak: +27 78 396 9391; trienke@hluhluwebushcamp.comwww.hluhluwebushcamp.com

Chandelier Game Lodge & Ostrich Show Farm, Oudtshoorn 

Chandelier Game Lodge & Ostrich Show Farm
Chandelier Game Lodge & Ostrich Show Farm

Chandelier Game Lodge & Ostrich Show Farm is geleë tussen die welige groen Tuinroete en die wye oop ruimtes van die Klein-Karoo met die Outenikwa- en Swartberge teen die agtergrond. Ons bied akkommodasie en aktiwiteite wat jou vir ten minste twee dae besig sal hou.

Die akkommodasie is op gesinne, paartjies en wittebroodpaartjies gerig. Daar is ook 'n wildrit ingesluit by jou verblyf. Ons en suite-tentakkommodasie is ook 'n bekende kenmerk van Chandelier. Die tente is 'n sensasionele boservaring.

Kontakchandelier@wispernet.co.za

Asem die Karoo in by Gamamadi-gasteplaas

Gamamadi-gasteplaas
Gamamadi-gasteplaas

Kom slaap oor by Gamamadi (die Sotho-naam vir Taaiboschfontein) naby Drie Susters, en ervaar ’n regte merino-skaap- en mohair-bokplaas. Gaan stap in die berge, of hou die voëls en diere dop. Hier is ’n heerlike swembad om in af te koel en ses verblyfeenhede.Jou gashere, Danie en Annalise Marais, is altyd gereed om jou met Karoo-gasvryheid te oorlaai.

0832842460; gamamadiguestfarm@gmail.com; www.gamamadiguestfarm.co.za

Dibiki-vakansieoord, Riversdale

Dibiki-vakansieoord
Dibiki-vakansieoord

Hierdie oord is geleë in Riversdale, 'n bedrywige dorpie op die N2 tussen Kaapstad en George. Ons bekende gasvryheid en wonderlike geriewe sal verseker dat jou tydjie saam met ons gerieflik sal wees. Die Slapende Skoonheid-bergpiek in die Langeberg hou oor jou wag terwyl jy hier oorbly.

Ons het kampstaanplekke met gras, en eenslaapkamer-chalets. Die groot swembad, babaswembad en braaigeriewe is in 'n aparte kamp van die oord.

Kontak: 028 713 2117; 068 213 2845; info@dibikiriversdal.co.za; www.dibikiriversdal.co.za

Loop weg na Matjiesvlei-gasteplaas, Calitzdorp

Matjiesvlei-gasteplaas
Matjiesvlei-gasteplaas

Ons het ses selfsorghuisies wat vier tot ses persone huisves. Ten volle toegerus. Ons het 'n kampplek langs die Gamkarivier, die Damrivierkamp en Bôjaankop-4x4-roete, verskeie staproetes in die voetheuwels van die Swartberge, ryk voëllewe, visvang en roei op die rivier. Besoek die Ou Poskantoor en Museum. Dit was die poskantoor waar Gamkaskloof se mense ook hul pos kom afhaal het as hul deur die poort gestap het na Calitzdorp.

Ons bied ook 'n plaasontbyt, maar slegs op bestelling. Moet jy wegkom? Loop weg na Matjiesvlei-gasteplaas!

Kontak: 044 050 3346; 073 174 1028; matjiesvlei@telkomsa.net; www.matjiesvlei.co.za

Bekostigbare rustigheid by Zvakanaka-plaas, Lous Trichardt

Zvakanaka-plaas
Zvakanaka-plaas

Ons plaas is geleë op die hange van die Sentraal-Soutpansberg met 'n Suid-aansig. Ons het twee romantiese selfsorg-grasdakhuisies. Elke huisie is privaat en elk het 'n dubbele buitelugbad, klein plonspoel, binnekaggel en is ten volle toegerus vir gerieflike verblyf.

Ons het 'n ten volle toegeruste selfsorgplaashuis met een slaapkamer en ook 'n eksklusiewe kampplek met vyf staanplekke met elektrisiteit. Bekostigbare rustigheid en privaatheid is ons fokus. 

Kontak: 084 4004 595; www.zka.co.za

ArendsRus Country Lodge, George

ArendsRus Country Lodge
ArendsRus Country Lodge

By ArendsRus Country Lodge kan elke besoeker 'n fantastiese reis aanpak wat hulle vir baie jare sal onthou. Ons houthuisies, aan die voet van die Outeniquaberge, en ons nuwe kampterrein verwelkom 'n ieder en elk.

Daar is 'n restaurant, swembad, kinderspeelpark en allerhande aktiwiteite, wat ons die perfekte wegbreekplek maak. Ons funksielokaal is geskik vir troues, konferensies en ander geleenthede en ons restaurant kan vir enige geleentheid regstaan.

Kontak: 071 442 8362; 044 050 0256; venue@arendsrus.co.za

Plattelandse stilte by inniKloof, Hankey

inniKloof
inniKloof

Kom geniet plattelandse stilte en gasvryheid – weg van alles en almal, maar tog binne bereik van die nodigste. inniKloof is 'n plek waar jy weer tot verhaal kan kom en vrylik kan asemhaal. Vier ten volle toegeruste selfsorghuisies bied huisvesting vir tot 26 gaste.

Die huisies het krag, warm water en elk het ook 'n onderdakbraaiplek met rooster en braaitang. Daar is twee kampterreine: Die hoofkamp (met krag) vir tot 35 kampeerders en die privaat kamp, Boskrapper, (sonder krag) waar tot 15 kampers op hul eie kan wees.

Kontak: 042 284 0940; 082 569 4298; info@innikloof.com; www.innikloof.com

Uitspan-gasteplaas, Willowmore: 'n Pragtige wonderwêreld

Uitspan-gasteplaas
Uitspan-gasteplaas

Bly oor by Uitspan en span uit tussen die pragtige natuurskoon en stilte van die Baviaanskloof in die Oos-Kaap. Verblyf word gebied in drie ten volle toegeruste selfsorgchalets en 'n dubbelkamer met en suite-badkamer.

Daar is ook 'n aantal kampstaanplekke met gras of skaduwee, en party met privaat ablusiefasiliteite en lapas.

Kontak: 044 923 1511; 082 468 1005 (WhattsApp); uitspanfarm@igen.co.za

'n Gerieflike oornagplek by Ikaia River Lodge, Keimoes

Ikaia River Lodge
Ikaia River Lodge

Ikaia River Lodge is op die kokerboomroete en is 'n gerieflike oornagstop na die Kgalagadi-oorgrenspark, Augrabies-waterval, Riemvasmaak, Namakwaland, Namibië en Bloemfontein. Ons het selfsorgeenhede met hulle eie braaigeriewe, asook kampstaanplekke.

Elke eenheid het WS, DStv, haardroërs, kluis, ens. Aktiwiteite sluit in 4x4-roete, kunsvlieghengel, roei, voëlkyk, asook stap en fietsroetes in ons omgewing. 

Kontak: 082 331 1353, info@ikaia.co.za, www.ikaia.co.za

Medolino-karavaanpark, Port Alfred

Medolino-karavaanpark
Medolino-karavaanpark

Ons het 32 kampeerstaanplekke met gras en skaduwee, met kragpunte en waterkrane. Daar is drie ablusieblokke wat altyd skoon is. Ons is 11 maande van die jaar troeteldiervriendelik. Ons het ook netjiese selfsorgchalets.

Medolino is 'n rustige park langs 'n klein meer waar jy die landelike atmosfeer en voëls kan geniet. Die pragtige Kowierivier bied 'n verskeidenheid watersport, soos hengel, swem, roei, ensovoorts.

Kontak: 046 624 1651; www.medolinocaravanpark.co.za

Forever Resorts: Bespreek 'n vakansie wat jy nooit sal vergeet nie 

Forever Resorts
Forever Resorts

Forever Resorts, Hotels, Lodges and Retreats het plaaslik en internasionaal bekend geword vir hulle drie-, vier- en vyfsterakkommodasie-opsies in Mpumalanga, Limpopo, Vrystaat en die Wes-Kaap.

Die groep voorsien opsies aan gaste wat op soek is na die skilderagtigste bestemmings in die land, soos die Blyderiviercanyon, Hlumuhlumu-bergreeks, Gariepdam, Loskopdam, Keurboomsrivier en die Kruger- nasionale park, om net 'n paar te noem. Die groep bied chalets, rondawels, hotelkamers, karavaan- en kampplekke, hutte en grasdakchalets met allerhande aktiwiteite vir jonk en oud.

Sentrale besprekings: +27(0)12 423 5600

cro@foreversa.co.za; www.foreversa.co.za

River Goose-kampterrein en vragskuitvaarte

River Goose-kampterrein
River Goose-kampterrein

Kampeerterrein op die oewer van die Breederivier met grasbedekte staanplekke. Daar is 20 staanplekke en twee gedeelde ablusieblokke. Geleenthede vir swem, hengel en roei is ook beskikbaar. Ons bied ook vragskuitvaarte op die rivier en die skuit is gelisensieer vir 16 persone.

Die vaart duur een en 'n halfuur. Jy bring jou eie peuselhappies en drankies saam en kan ook in die rivier swem tydens die uitstappie.

Kontak: rivergoosecamp@gmail.com; 082 7595727; www.rivergoosecampsite.co.za

Silwerstrand-karavaanpark, Robertson

Silwerstrand-karavaanpark
Silwerstrand-karavaanpark

Hierdie oord in Robertson is in privaat besit en is slegs 130 km vanaf Kaapstad. Dit is geleë langs die Breederivier. Daar is baie skadu en die staanplekke is grasbedek en groen.

Ons verhuur ook selfsorgkaravane en –houthuise. Die oord het 'n swembad met glygeut en speelgebied vir kinders, asook hengel- en watersportgeleenthede. Spesiale tariewe vir senior burgers regdeur die jaar. Troeteldiervriendelik indien vooraf gereël. 

076 199 4085; bookings@silwerstrandcaravanpark.co.za; www.silwerstrandcaravanpark.co.za

Gorah Elephant Camp, Addo: 'n Eksklusiewe safarilodge

Gorah Elephant Camp
Gorah Elephant Camp

Die opwinding daarvan om stil te sit en kyk hoe 'n trop olifante by die veranda verbystap van 'n statige koloniale opstal is onvergeetlik. Hierdie eksklusiewe lodge vang die romantiese mistiek van safari’s van weleer vas.

Sien die Groot 5 in 'n malariavrye gebied in die hartjie van die bekende Addo-olifant- nasionale park, die tuiste van die digste bevolking van olifante ter wêreld en net 'n uur se ry vanaf Port Elizabeth. Die ideale manier om jou Tuinroete-avontuur te begin of te eindig. 11 stylvolle tentsuites beskuit onder grasafdekke met privaat dek verskaf heerlike verblyf.

Kontak: 044 501 1111; res@hunterhotels.com; www.hunterhotels.com

Bayala Private Safari Lodge & Camp: Bekostigbare gerief

Bayala Private Safari Lodge & Camp
Bayala Private Safari Lodge & Camp

Laai in KZNBayala Private Safari Lodge & Camp is geleë in 'n Groot 5-reservaat slegs drie uur vanaf Durban in die eeue oue koninkryk van Zululand. Die Bayala-wildernis is uitgestrek en betowerend en maak deel uit van 'n privaat safari- en bewaringhartland van 30 000 ha, wat dit puik maak vir natuursafari’s waar al Afrika se grotes vry rondloop.

Safari’s twee keer per dag sorg daarvoor dat jy leeus, olifante, luiperds, buffels en renosters in hulle natuurlike omgewing te sien kry, asook jagluiperds, sebras, kameelperde en 'n hele klomp ander wildsoorte.

Kontak: reservations@bayala.co.za

Thanda Safari, Hluhluwe: Luukse bosverblyf

Thanda Safari
Thanda Safari

Laai in KZNThanda Safari is 'n luukse Groot 5- privaat wildreservaat en lid van The Leading Hotels of the World, met drie verskillende verblyfopsies: Thanda Safari Lodge het nege puik bossuites; Villa iZulu is 'n heeltemal eksklusiewe, privaat bosskuiling, ideaal vir klein groepe en families; Thanda-tentkamp het 15 luukse safaritente vir 'n wonderlike natuurervaring.

Aktiwiteite sluit in dat jy saam met ons bewaringspan werk, eksklusiewe begeleide bosuitstappies en fotografiesafari’s – as deel van ons betrokkenheid in die Zulugemeenskap – en 'n reeks kultuur-ervarings in ons nabygeleë nedersettings.

Kontak: 032 586 0149; reservations@thanda.co.za; www.thandasafari.co.za

Andreas Country House, 'n oase van kalmte

Andreas Country House
Andreas Country House

Laai in Wes-Kaap'n Pragtig gemeubileerde vyfslaapkamerhuis op 'n boetiekwingerd naby Wellington, wat dit perfek maak vir 'n familiesamekoms, om saam met vriende te kuier of weer een te word met die natuur.

Dit is 'n oase van rustigheid en kalmte, en kan gehuur word as 'n volledige selfsorghuis. Daar is drie sitkamers en 'n groot tuin met baie spasie vir sosiale distansiëring.

Kontak: Andreascountryhouse@gmail.com; www.andreas.co.za

Kry jou toerusting gereed!

Eezi-Awn, Johannesburg

Eezi-Awn
Eezi-Awn

Sedert die stigting van Eezi-Awn in 1983, is die maatskappy al sinoniem met daktente, intrekbare kampeerafdakke, yskasglyers, dakrakke en dakrakbybehore van gehalte. 

Kontak: info@eezi-awn.com

Gecko Offroad cc, Haenertsburg: Kry alles reg en vat die pad!

Gecko Offroad cc
Gecko Offroad cc

Gecko Offroad vervaardig luukse veelterreinkaravane perfek vir veld- en padbestuur en kampering van die netwerk af.

Die Gecko-ontwerp is gebaseer op 30 jaar van kampeer- en karavaan-ervaring en word gebou met gehalte, eenvoud en weelde in gedagte.

Kontak: 015 276 5059; info@gecko-offroad.co.za