Volg dié 5 wenke voor en terwyl jy ry.

1. Kyk of als opgedateer is

Maak seker jou GPS het die nuutste sagteware en kaarte op voor jy vertrek. Jy kan dit gewoonlik laat oplaai by die winkel waar jy dit gekoop het, of op die internet.

2. Gebruik slegs wat jy nodig het

Aktiveer slegs Tracks4Africa wanneer jy dit gebruik. Maak seker die ander standaardkaarte is gedeaktiveer op jou GPS.

3. Sit ’n paar minute by

Onthou dat jy gewoonlik bietjie langer gaan ry as wat die GPS skat, so gee jouself altyd ’n bietjie ekstra tyd om by ’n kampplek of ’n parkhek uit te kom.

4. Moenie die toestel blindelings volg nie

’n GPS is maar ’n rekenaar en gee nou en dan probleme. Indien ’n roete of ’n geskatte aankomstyd verkeerd lyk, skakel die eenheid af en begin van voor.

5. Speel veilig

Moenie die GPS se knoppies probeer druk terwyl jy bestuur nie. Dis lewensgevaarlik, veral in Afrikalande waar daar baie mense en diere in die pad loop. Vra een van jou passasiers om jou te help of trek af.