Bros kekerertjieslaai

akkreditasie
Foto: Toby Murphy
Foto: Toby Murphy
Bêre komkommer in ’n bruinpapiersak om dit langer te laat hou en dit is ook nie die einde van die wêreld as jy nie die groen kruie in die kampplek het nie – die slaai werk nét so goed daarsonder.

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 2 teelepels olyfolie
  • 1 blik (410 g) kekerertjies, gedreineer
  • 1 eetlepel fyn komyn of koljander sout en swartpeper na smaak
  • 1 komkommer, in blokkies gesny
  • 1 koppie ryp kersietamaties, middeldeur gesny
  • ½ koppie fetakaas
  • 1 koppie gekapte pietersielie of koljanderblare 
  • 2 eetlepels suurlemoensap (of gebruik rooiwynasyn)


Só maak jy

1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die kekerertjies vir sowat 5 minute totdat dit begin bros word. Geur dit met die komyn of koljander, sout en swartpeper, en braai dit dan verder tot dit ’n effense bros lagie het en die pan droog is. Laat dit eenkant afkoel.

2. Maak ’n slaai deur die komkommer met die tamatie, feta en kruie te meng. Skep die kekerertjies bo-oor die slaai en geur dit na smaak met sout, peper en ‘n goeie skeut suurlemoensap.