(maak 16-24 oliebolle)
• 1 koppie (250 ml) witsuiker
• 2 teelepels (10 ml) fyn kaneel
• olie vir diepbraai
• 1 kg witbrooddeeg (vra by jou supermark se bakkery)
• 2-3 pakkies Rolo-sjokolade
1. Meng die suiker en kaneel saam, sit dit eenkant en verhit dan die olie goed in ’n potjie op jou kampstoof.
2. Vou ’n stukkie deeg om elke Rolo-sjokoladetjie en rol dit versigtig in ’n bolletjie – maak seker elkeen is behoorlik geseël.
3. Diepbraai die bolletjies in die olie tot die deeg gaar is. Dreineer die oliebolle op kombuispapier en rol hulle dan in die kaneelsuiker.