Jy benodig

(genoeg vir 4)

• 3 eetlepels olyfolie
• 2 uie, gekap ( jy kan rooiuie ook gebruik)
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 4 gaar aartappels, in blokkies gesny
• 4-6 sterk gekruide varkworsies, in skyfies gesny
• 1 teelepel droë pietersielie
• ½ teelepel gerookte paprika (opsioneel)
• sout en peper na smaak

Só maak jy

1 Verhit die olyfolie in ’n skottelskaar en braai die uie en knoffel tot dit sag is.

2 Gooi die gaar aartappels, varkworsies, kruie en paprika by en braai alles saam tot die worsies gaar is. Geur dit met sout en peper.