Deel

Vinnige sjokolade-fudgekoek

akkreditasie

Vir 6 | Voorbereityd 1 uur (om die koek te bak) | Gaarmaaktyd 15 minute plus rustyd (vir vulsel)


Vir die koek:

* 1 karton (580 g) Ina Paarmansjokoladekoekmengsel
* Water, kookolie en eiers (volg resep op pakkie)

Vir die vulsel:

* 11/3 koppie room 
* ¼ koppie botter
* 400 g sjokolade, gerasper
* 2 koppies aarbeie, gekap

1. Meng en bak die koek volgens die instruksies op die pakkie. Laat dit eenkant staan om af te koel.

2. Vir die vulsel: Verhit die room en botter tot kookpunt, verwyder dit van die hitte en roer die sjokolade daardeur tot gesmelt.

3. Voer die bodem van ’n 20 cm-losboomkoekpan uit met bakpapier. Sny die koek in blokkies en krummel dit tot fyn. Roer 1¾ koppie van die sjokoladevulsel daardeur (hou die res vir later). Jy kan ook ’n elektriese klitser gebruik. Meng dit totdat die mengsel soos dik fudge lyk.

4. Roer nou die aarbeie daardeur, skraap dit uit in die voorbereide koekpan en maak dit gelyk bo-op. Bedek dit met kleefplastiek en laat vir 45 minute afkoel of tot ferm genoeg om uit te skep.

5. Verwyder die koek en versier dit met die oorblywende sjokolademengsel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan