book-icon Uitgawe Maart 2018

Jou foto: Eksperimenteer is die beste geweer

akkreditasie
Canon EOS 600D; Canon EF-S-18-55 mm-f3,5-5,6-lens op 18 mm; 1/250 van ’n sekonde; f14; ISO 400
Canon EOS 600D; Canon EF-S-18-55 mm-f3,5-5,6-lens op 18 mm; 1/250 van ’n sekonde; f14; ISO 400

Sy kamerasak is áltyd by hom, sê Petri Steyn van Krugersdorp.

Ek was op pad van Pretoria na Krugersdorp toe ’n klein donderstorm voor my verbytrek. Die son het deur die wolke gebreek en op die nat pad geskyn. Daar was padwerk in die linkerbaan waar ek afgetrek het om die mooi toneel af te neem. Ek het by die agterwiel gehurk en vier raampies geneem. Party was met en ander sonder ’n kar in die regterbaan. Ek het uiteindelik besluit die een met die kar is die beste. Ek verkies die lae hoek, want dis ongewoon. Ek speel ook graag met die derdes-lyne om die komposisie te laat werk.”

Petri se foto is ’n sprekende voorbeeld van ’n mooi foto waaroor ’n mens eers moet nadink hoekom dit so treffend is. Dis effens abstrak, maar ’n mens herken tog dadelik die son. Die res van die elemente op die foto is nie dadelik herkenbaar nie – die foto leun dus oor na die artistieke kant.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan