Lesersbrief: Nóú neem ek beter foto's!

akkreditasie
Foto: Alta Jansen van Vuuren
Foto: Alta Jansen van Vuuren
Dié leser het ingeskryf vir Weg se aanlynfotokursus.

Ek het Weg se aanlynfotokursus baie geniet. Ek het dit module vir module gedoen en eers geoefen voordat ek die volgende een aangepak het.

Ek neem al lank foto’s en van my foto’s is al gepubliseer, maar daar was klein dingetjies wat my gefrustreer het. Die kursus was puik, want elke begrip word in geselstaal verduidelik.

Baie dankie, daai klein goetertjies is almal beantwoord. Ek het dié foto geneem op Bird-eiland by Lambertsbaai. 

Wil jy jou foto's verbeter?
Skryf in vir Weg se aanlynfotokursus by neembeterfotos.weg.co.za. Dit kos R950 eenmalig en jy het lewenslank toegang tot die kursusmateriaal.