Ek en my lewensmaat, Steph Perrin, het laasjaar bykans die ganse Februarie in die wildtuin deurgebring.
Ons het in Satara gekamp en was een oggend douvoordag op pad uit toe ons ’n trop leeus knap buite die kamphek aantref.
Hulle het gedoen wat leeus die beste doen: slaap. Omtrent tien voertuie het reeds rondom die katte saamgedrom.