book-icon Uitgawe Oktober-November 2022

Met my eie oë: Luiperd vang rooibok, Krugerwildtuin

akkreditasie

Ek en my seun, ook Pieter, het op 2 Desember 2020 die oggend van Onder-Sabie af met die S21-roete weswaarts gery.

Iemand het ons gestop en vertel dat leeus langs die S65 en wildehonde langs die S1 gesien is. Ons besluit toe om deur te druk na die S65, wat die H1-1 met die S1 verbind, suidwes van Skukuza.

Pieter het bestuur en ek het links agter gesit – ons is albei kranige wildlewefotograwe. Hy skiet met ’n Nikon D750 met ’n Sigma 60-600 mm-lens en ek met ’n Canon Powershot SX60 HS. Ons was ’n ent ver op die S65 toe iets skielik uit die bosse reg voor ons kar verbybeweeg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan