Toe ons by ’n laagwaterbruggie stop om te kyk wat in die spruitjie aangaan, sien ons ’n berghaanwyfie op die sand naby die water.
Sy stap rond asof sy na iets soek, en spring toe skielik op ’n klip en pluk ’n vis uit die vlak water (Foto 1)! Die vis was reeds dood, maar blykbaar nog vars genoeg om te eet.
Ek het begin foto’s neem met my Panasonic Lumix FZ2500. Ons was die enigste kar wat gestop het om te kyk wat gebeur.