book-icon Uitgawe Julie 2020

Sien die stilte

akkreditasie

Hy maak seker hy kry sy oggendstappie in en staan altyd reg om ’n mooi foto vas te vang, sê Dirk Crafford van Kleinmond.

Sedert die begin van die inperking stap ek en my vrou, Nadia, elke oggend 6 km. Ek het hierdie gladde water op ons pad gesien en gevra Nadia moet ’n klip in die water gooi. Ek het met die foon gereed gestaan om ’n foto te neem soos die klip die water tref. Natuurlik kan ’n mens nie voorspel hoe jou foto uiteindelik gaan lyk nie. Ek het toevallig ook net een raampie geneem.”

Al klink Dirk se foto dalk na ’n gelukskoot, het daar ook heelwat dinkwerk ingegaan – Dirk vertel hy het dié soort foto al voorheen probeer neem en was dus ’n bietjie meer gekonfyt met hierdie probeerslag. Maar natuurlik het Dirk geen waarborg van wat hy in daardie fraksie van ’n sekonde gaan afneem nie. Dit is hier waar geluk wel ’n rol gespeel het. ’

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan