Die Volkswagen Amarok is op 6 Mei 2010 by die Nampo-oesfees op Bothaville bekend gestel.
Dié bakkie was nooit ’n wegholsukses wat verkope betref nie, maar hy’t nietemin opslae gemaak en die bakkiebedryf onherroeplik verander toe die “klein” turboaangejaagde 2 l- enjin met verskeie luukshede aanland.
Die bestaande Amarok se hare is al spierwitgrys. In April verlede jaar is aangekondig dat sy plaasvervanger, die tweede geslag Amarok, op eie bodem in Ford se Silverton-aanleg buite Pretoria gebou gaan word.