book-icon Uitgawe Februarie 2019

Buck Rogers se bakkie

akkreditasie
Die Rivian R1T
Die Rivian R1T

Die Rivian R1T is tans net ’n konsepvoertuig, maar hy maak verstommende beloftes. Volgens Rivian se webblad het die R1T ’n waaddiepte van 1 000 mm (sonder ’n snorkel), 560 kW krag en 14 000 Nm wringkrag (nee, dis nie ’n tikfout nie), en danksy lugvering ’n grondvryhoogte van 360 mm (die deursnee-bakkie staan rondom 220 mm bo die grond).

Die 180 kWh-battery gee glo genoeg lading vir ’n reikafstand van tussen 400-640 km (Tesla se Model 3 kry 350-500 km) en hy versnel binne sowat 3 s van 0-100 km/h (die Bugatti Chiron moet pasop...).

Skeptici sal frons oor dié syfers, maar die dryfvere agter die projek is groot geeste in die motorbedryf. Daar is Mark Vinnels, voorheen van McLaren; Jeff Hammoud van Jeep; en ’n ooraanbod jong gesigte met ’n lys Ph.D.-grade.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan