book-icon Uitgawe Maart 2018

Ford Kuga: ’n ‘Fô-baai-fô’ vir Ma

akkreditasie

Elke veldryer het ’n nis waarin hy sy stempel afdruk. Die Jeep Wrangler is koning van die klippe, die Nissan Patrol is baas in die Sahara, en die Toyota Fortuner kry iets van alles reg. Die Ford Kuga se baard is nie so hard soos die Fortuner s’n nie – daardie werk is vir sy ouboet die Everest gegee. Maar vir ’n slegte grondpad en ’n matige hindernis skrik die Kuga 2.0 AWD gewis nie.

Die tweede geslag Kuga is in 2013 in Suid-Afrika bekend gestel – ’n jaar ná die Europese bekendstelling – en hierdie opgekikkerde model het die halfpadmerk van sy verwagte lewensduur bereik. Van voor en die kant af is die bakwerk feitlik identies aan die 2013-model. Van agter af lyk die luikrug met ’n nuwe plooikurwe onder die nommerplaat wel effens anders. Van voor af bekyk lyk die seskantige sierrooster aansienlik anders as die smal luginlaat van voorheen, en die enjinkap is ook nuut. Die geheelbeeld skakel nou beter by Ford se ander voertuie in.

Die instrumentepaneel is nie dramaties verander nie, maar die kwelpunte rakende die 2013-model se instrumente het wel aandag gekry. Die piepklein skermpie van die ou Kuga is vervang met ’n groot 18”- raakskerm. Die radio se knoppies was ook te klein, maar nou is hulle lekker groot en jy kan hulle maklik raak druk. Die handremhefboom het plek gemaak vir ’n moderne elektroniese handremknoppie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan