As ’n mens jou oë knip, rol daar nóg ’n Ranger-model uit die Ford-fabriek. Ons het nou al met die Thunder kennis gemaak, toe die Wildtrak en dié se opgradering, die Stormtrak. Dan is daar ook die XLT en – meer onlangs – die Raptor.
En terwyl jy hier lees, is die manne daar in Silverton besig met afronding aan die nuutste Ranger, die Next-Generation, wat eersdaags beskikbaar sal wees.
Is dit nie ’n bietjie gou nie? Almal is dan nog steeds in ’n beswyming oor die Raptor se veldryvermoë en aantreklike voorkoms.