Ford het einde verlede jaar sy splinternuwe Ranger aan die wêreld bekend gestel, net mooi tien jaar nadat die vorige model in Suid-Afrika sy verskyning gemaak het.
Die jongste model is in samewerking met Volkswagen ontwikkel, maar hy’s ’n tikkie meer Ford as Volkswagen.
As hy sterk herinner aan die vorige Ranger, is dit omdat hy inderdaad op dieselfde dog verbeterde T6-platform gebou word met eenderse bakwerkpanele en afmetings.