Die Jeep Gladiator het in Augustus 2022 uit Toledo, Amerika, in Suid-Afrika aangekom, en tot dusver verkoop hy goed.
Elkeen wat van die boot af ry, kry ’n baas en motorjoernaliste staan tou om die Gladiator onder hande te neem. Dit was dus ’n pluimpie toe ons vir langer as ’n week een kon kry om te toetsbestuur.
Ons moet uit die staanspoor sê dis ’n lekker bakkie wat beslis die aandag trek. As ons ’n sent kon kry vir elke kop wat draai terwyl ons verbyry, dan het ons amper genoeg geld gehad om die brandstofrekening te betaal...