book-icon Uitgawe Oktober-November 2020

Land Rover al hoe meer sleepvriendelik

akkreditasie
Die Land Rover Discovery HSE Si6 Luxury is ‘n voorbeeld van ‘n model 2 jaar gelede wat met  gevorderde sleephulpmiddels verskyn het. Vandag geld dit ook vir ander Land Rovers
Die Land Rover Discovery HSE Si6 Luxury is ‘n voorbeeld van ‘n model 2 jaar gelede wat met gevorderde sleephulpmiddels verskyn het. Vandag geld dit ook vir ander Land Rovers

Deesdae is sleepwa-swaaibeheer nie meer ’n nuwigheid nie en ’n mens sien die stelsel wyd en syd op verskeie nuwe motors, insluitend Land Rover-modelle. (Dis ’n elektroniese stelsel wat inskop sodra dit bewus word van woonwa-swaai. Dit sal tipies enjinkrag verminder en sekere wiele rem om die swaai teë te werk.)

Maar met die Advanced Tow Assist-stelsel troef Land Rover ander vervaardigers wat woonwasleep betref. Buiten die trukamera (wat algemeen onder ander vervaardigers gebruik word) las Land Rover nou nóg vier sleep-vriendelike hulpmiddels by: Jy kan die hoogte van die stang se bol bo die padoppervlak verstel vóór jy haak, die kar gebruik ’n eie ligtetoets met die woonwa gehaak, en die sleepstang het ’n ingeboude skaal om die gewig van die koppelstuk op die bol te meet.

Laastens kan jy sonder om aan die stuur te raak terugstoot terwyl die rekenaar jou help sodat jy nie hoef te vorentoe en te agtertoe totdat jy jou staan kry nie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan