Na ’n samewerkingsooreenkoms van 14 jaar met Ford het Mazda besluit om weg te breek en hom by Isuzu te skaar.
Die jongste BT-50 is gegrond op die komende Isuzu D-Max, wat meer as ’n jaar gelede in Australië aangeland het.
Anders as met die samewerking tussen Volkswagen en Ford vir die nuwe Amarok en Ranger, was Mazda glad nie betrokke by die ontwikkeling van die D-Max nie.