book-icon Uitgawe Julie 2018

Mercedes-Benz X-klas: Volpunte vir die driepuntster

akkreditasie

Ons het by ’n vorige geleentheid (Weg Ry & Sleep #5) geskryf oor die Duitse voertuigvervaardiger Mercedes-Benz se tegniese samewerking met Nissan en die beendere wat sy X-klas met die Navara deel.

Ons moet egter bevestig dat Stuttgart se ingenieurs hulle eie benadering gevolg het, al het hulle ’n bloudruk ontvang. Een voorbeeld is die onderstel wat langer én breër gemaak is.

Almal het ’n eie mening oor wat mooi is, maar die Mercedes-Benz X-klas is beslis nie ’n lelike eendjie nie. Wanneer jy hom van die kant en van agter af bekyk, is daar wel ooreenkomste met die Navara, maar dis waar dit eindig. Veral die neus is aansienlik anders as dié van sy Japannese eweknie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan