Die eerste Mitsubishi ASX is in 2011 in Suid-Afrika bekend gestel en hy geniet sedertdien matige sukses met byna 9 500 van hulle wat oor die afgelope 11 jaar verkoop is.
Ja, daai verkoopsyfer lê ver onder gewilde handelsmerke soos byvoorbeeld ’n Volkswagen Polo, maar dis nietemin een van Mitsubishi se topverkopers.
Mitsubishi het vroeër vanjaar sy ES-weergawe aangekondig, ’n modelreeks wat effens goedkoper is as die bestaande LS-weergawe waarmee ons reeds vertroud is. Die ES-modelle is beskikbaar met handrat en ook ’n outomatiese palwisselratkas (of dan CVT).