book-icon Uitgawe Februarie-Maart 2021

’n Wa op die dak

akkreditasie

In die jare sewentig was daar in Amerika heelwat keuses van woonwaens, waaronder die Shadow, wat in Missouri deur Harmon Industries gebou is. Hulle het met die innoverende idee vorendag gekom om die wa aan die dak van die voertuig te koppel.

Die sogenaamde vyfdewiel-koppeling was egter niks nuuts nie en die konsep is toe al dekades lank gebruik, hoewel dit hoofsaaklik iets was wat aan ’n bakkie se laaibak gekoppel is… nié ’n motor se dak nie. Die Shadow was gemik op mense met ’n luikrug- of sedanvoertuig en die gedagte was om ’n staalplaat op die dak vas te maak waaraan die Shadow gehaak het. Daar was drie modelle om van te kies – 18 vt., 23 vt. en 27 vt. – jy kon die grootte kies wat by jou behoeftes en jou motor se vermoëns pas.

Die maatskappy het ook leë doppe beskikbaar gestel wat jy self binne kon toerus, of jy kon die vervaardiger vra om die uitleg volgens jou smaak te doen. In 1971 het die dop van Mini Shadow (18 vt.) vir $1 700 verkoop, terwyl ’n volledig toegeruste Shadow 1-model (27 vt.) jou $6 500 uit die sak sou jaag. In daardie dae was die rand sterker as die Amerikaanse dollar, wat beteken dit sou jou onderskeidelik rondom R1 200 en R4 600 kos.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan