book-icon Uitgawe Junie/Julie 2021

Nissan Patrol: Bullebak in ’n snyerspak

akkreditasie

Die nuwe Patrol is verlede jaar gedurende die nasionale Covid-19-inperking aanlyn bekend gestel, wat beteken ’n klomp motorskrywers moes droëbek na foto’s op hulle rekenaar kyk pleks daarvan om agter die stuur in te skuif.

’n Mens voel jammer vir hulle, want jy kan in jou wildste drome nie die krag (én klank) van daardie 5,6 l-V8-enjin beleef op ’n YouTube-video nie. Nee, daarvoor moet jy hom ry.

Toe ons dus die kans kry, het ons die hele hand pleks van die pinkie gegryp, ’n dakrak opgesit en ’n klomp jerrykanne op die dak vasgestrop – en ’n tog Namibië toe van amper 6 000 km aangedurf waar ons op teer, grondpad én dae aaneen in die duine gery het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan