Toe Opel ’n Mokka op ons werf kom aflewer, het ons die ryding amper teruggestuur, want met die eerste oogopslag lyk dit of hy buite die tema van ons tydskrif val.
Pleks van ’n grondpadryding het die Mokka ons eerder aan ’n piepklein Ford Mustang herinner – nie dat daar iets fout is met ’n Mustang nie, maar ’n sleep- of kampvoertuig?
“Ry hom, julle sal sien...” het die vlootbestuurder met ’n knipoog gesê.